Wihan skitter in Varsity-debuut
Rugby
Die NWU-Pukke het ’n belangrike eerste oorwinning in die Varsitybeker-rugbyreeks agter die blad ná ’n oorwinning van 27-19 op hul rotsvaste vesting, die Fanie du Toit-stadion op Potchefstroom, teen die Shimlas Maandagaand.
Die Pukspan wat deur André Pretorius afgerig word, het drie drieë gedruk – die eerste deur linkervleuel Eugene Hare, die tweede deur slot Danny du Plooy en die laaste deur senter Akhona Nela.
Die 22-jarige Namibiër Wihan von Wielligh het as losskakel sy debuut in die kompetisie gemaak en het die res van die punte met sy voet aangeteken (drie doelskoppe en twee strafdoele). Die gebore Marientaller was een van die groot uitblinkers en is as speler van die wedstryd aangewys.
Die agtsteman en kaptein Edmund Rheeder het soos gewoonlik van voor af gelei en goeie ondersteuning van die voorry Matimu Maganyi gekry.
Voor die eindfluitjie het Pukke ’n kans laat glip om ’n laat bonuspuntdrie van gesteelde besit te gaan druk, maar Rheeder se vorentoe aangee het die telbord onveranderd gehou.
• Nog ’n 22-jarige boorling van Mariental, PW Steenkamp, was eergisteraand die losskakel en stelskopper vir die Universiteit van Johannesburg.
Die Tukkies het so byna op hul tuisveld gestruikel weens ’n oorvloed foute en treurige lynstaanwerk, maar het net genoeg gehad om die UJ met 26-24 te verslaan.
Die UJ was kort ná rustyd nog met 24-7 voor.
Dit het ’n skouspelagtige drie in die 81ste minuut deur die Tuks-heelagter, Lionel April, geverg om die Pretorianers deur te trek.
Daar was in die eerste helfte ’n magdom van verlore kanse vir Tuks en dit was veral in die lynstane waar hulle die kluts kwyt was.
Swak verdediging en omkeerbesit het voor rustyd tot UJ se drieë deur Shaun Williams (heelagter), die speler van die wedstryd, en Tatendaishe Mujawo (linkervleuel) gelei.
Steenkamp was in die kol met een doelskop en een strafdoel.
• Vier drieë deur die Maties se vleuel, Anton du Toit, het hulle gehelp om die Ixias oortuigend met 67-24 Maandagaand in Stellenbosch te klop.
Du Toit is ’n mediese student en is die broer van die twee Stormers-spelers Pieter-Steph en Johan.
Die Ixias keer darem huiswaarts met ’n enkele ligapunt vir die vier drieë wat hulle gedruk het.
Die Ixias speel volgende tuis in Bloemfontein teen die onoorwonne Ikeys. Die Ikeys is vir eerste keer sedert 2011 na drie wedstryde steeds onoorwonne nadat hulle hul Kaapse derby met die Universiteit van Wes-Kaapland met 31-28 in Bellville gewen het.
Nadat die wenspan in ’n stadium met 31-12 voor was, het die gety geswaai en dit broekskeur gegaan vir Ikeys met UWK wat so byna vir ’n tweede agtereenvolgende groot skok in die reeks gesorg het ná ’n goeie terugvegpoging.
• Komende Maandag se wedstryde in ronde vier (tuisspanne eerste):
UP-Tuks tn Shimlas (19:00, regstreeks op SS1)
Wits tn NWU-Pukke (19:00)
UWK tn Maties (19:00)
CUT tn Ikeys (19:00)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie