Wika, Kasi Vibe, Song Night gekanselleer
Weens Covid-19 is die volgende geleenthede gekanselleer:
Windhoek
- Die gewilde RMB Song Night wat op 25 Maart by die Brewers Market sou plaasvind, is tot Mei uitgestel. Vir verdere inligting, besoek Song Night se Facebook-blad.
- Wika (Windhoeker Karneval), wat 28 Maart sou plaasvind, is afgestel.
- Flashback, ’n foto-uitsalling deur Tony Figueira, wat op 20 Maart by The Project Room sou open, is nou ’n aanlyn uitstalling. Alle werke is steeds te koop. Vir meer inligting, kontak Gina Figueira by [email protected]
- Die Namas-nominasiepartytjie wat op 27 Maart sou plaasvind, is gekanselleer en genomineerdes sal nou regstreeks op NBC uitgesaai word. Die nomanisiepartytjie lok jaarliks ongveer 600 kunstenaars, musikante en lede van die publiek. Die amptelike Nama-toekenings is tans vir 2 Mei op Swakopmund geskeduleer.
- Kasi Vibe Eastern Addition wat oor die Paasnaweek sou plaasvind, is tydelik afgestel tot verdere kennisgewing. Hersiene datums sal in ’n latere stadium bekend gemaak word.
Swakopmund
- The Dolpin Aqua Fest, wat vir 11 April geskeduleer is, is afgestel.
- Die Cosdef-Paasmark, wat op 11 April sou plaasvind, is afgestel.
Otjiwarongo
- Die Let’s Unite-fees, wat van 27 tot 29 Maart op Otjiwarongo sou plaasvind, is gekanselleer. Organiseerders sê die fees se hersiene datums sal binnekort bekend gemaak word indien die fees wel plaasvind.
Rundu
- Die Ngandu-fees, wat op 10 en 11 April op Rundu sou plaasvind, is vir die volgende 30 dae uitgestel. Besoek hul Facebook-blad vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie