Wikkel met Xaris-saak
Jessica Botes
Vertoë is gister in die hoërhof gerig dat dit in die openbare belang is om die hofaansoek rakende NamPower se tendertoekenning vir die ontwikkeling van ’n 250 MW-kragopwekkingsaanleg van N$7 miljard so gou as moontlik af te handel.
Aansoeke is ook deur die betrokke partye ingedien dat die saak so gou as moontlik vir verhoor op die hofrol geplaas moet word om te voorkom dat Namibië binnekort met ’n kragkrisis sit.
“Namibië se kragvoorsiening kan nie van die hof se dagboek afhanklik wees nie,” het advokaat Raymond Heathcote gesê.
Heathcote, wat een van die respondente in die saak, Xaris Energy (Pty) Ltd, verteenwoordig, het betoog die saak moet vroeër as die ooreengekome datums in Augustus op die hofrol geplaas word.
Regter Harald Geier het gister die saak voorlopig tot 7 Junie uitgestel. Indien ’n regter op hierdie datum nie beskikbaar is om die saak te verhoor nie, sal dit eers op 12 Augustus voortgesit word.
In die hofaansoek teen NamPower, die president, die kabinet, die minister van myne en energie, Xaris en Sinohydro Corporation Limited versoek Arandis Power Pty (Ltd) dat die toekenning van Xaris as die voorkeurbieër hersien en ter syde gestel moet word.
Voorts vra die aansoeker dat die toekenning aan Xaris, alle onderhandelinge en ook ooreenkomste tussen Xaris en NamPower gestuit moet word. Arandis Power vra ook vir ’n hofbevel wat las dat dié maatskappy as die voorkeurbieër aangestel word.
Met Namibië wat al hoe meer ’n tekort aan elektrisiteit in die gesig staar, raak tyd nou min om volhoubare oplossings op medium- en lang termyn te vind.
Arandis Power se besturende direkteur, mnr. Ezio Vernetti, sê in sy beëdigde verklaring die maatskappy is gestig met die doel om ’n termiese kragstasie-projek te ontwikkel wat deur swaar brandstofolie gedryf word en die kapasiteit van 120 MW het.
Dié termiese kragstasie sou met 45 MW fotovoltaïese sonkrag gekombineer word om ’n ten volle geïntegreerde hibriede-stelsel, bekend as die “Historiese projek”, te vorm. Dié kragstasie sou naby Arandis Power gebou word. Die maatskappy het glo reeds meer as N$35 miljoen aan die ontwikkeling van die projek bestee.
Hoewel Vernetti glo verskeie kere ongerymdhede met betrekking tot die tenderproses en die Xaris-projek onder NamPower se aandag gebring het, is Xaris as die voorkeurbieër aangewys. Volgens Vernetti was dié toekenning nie regverdig of redelik nie, omdat ander gekortlyste bieërs vanweë die streng vereistes aan die tenderproses onttrek het.
Arandis Power het sy blootleggingsaansoek wat Maandag by die hof ingedien is, ook laat vaar. Hiervolgens sou ’n hofbevel uitgereik word teen NamPower om alle dokumente rakende die besluitnemingsproses van die tendertoekenning aan Arandis Power te oorhandig. NamPower was egter sterk gekant teen dié aansoek, omdat die dokumente glo vertroulike inligting bevat.
Die nasionale kragvoorsiener se waarnemende besturende direkteur, mnr. Kahenge Haulofu, het tydens die Mynbou Ekspo op 29 April in Windhoek gesê NamPower is tans besig om die onderhandelinge vir ’n bilaterale kragleweringsooreenkoms van 200 MW met Eskom te finaliseer.
Dit is vir ononderbroke invoer elke dag van die week. Volgens hom het die ministerie, die Elektrisiteitsbeheerraad en NamPower verskeie maatreëls ingestel om te verseker dat die land se kragvoorsiening vir die tydperk 2016 tot 2019 verseker is. Dit sluit kraginvoere uit Suid-Afrika, Mosambiek, Zambië en Zimbabwe in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie