Wil jy die nuwe Graham, Willem of Hentie wees en liefde vind?

Lloyd Zandberg
Dit is nou jou kans as jy die volgende boer Graham, Willem of Hentie wil wees wat liefde vind op die gewilde werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou.

Inskrywings vir die 13de reeks is nou oop en boere landwyd van albei geslagte, alle ouderdomme en seksuele oriëntasie kan inskryf om die liefde van hul lewe te soek.

Volgens kykNET het 17 paartjies wat deur Boer soek ’n vrou ontmoet het oor die afgelope 12 reekse al getrou.

Die 12de reeks, wat in Januarie klaargemaak het, was besonder suksesvol met drie van die vyf wat liefde gevind het. Van die ander vyf, wat nie op die hele program was nie, het ook hul droomvrou ontmoet danksy die program.

Nie net het Graham sy Ilne ontmoet, Willem sy Sanel en Hentie sy Hantie nie, maar Gerrit het ook die vrou van sy drome gevind nadat Graham haar nie gekies het nie.

Eers was Anchen van Rensburg (27) van Bredasdorp, op die program om vir Graham te leer ken, maar toe hy haar nie kies om saam plaas toe te gaan nie, het ’n deur oopgegaan vir ’n verhouding met Gerrit.

Die twee is steeds saam en het verlede week sy verjaarsdag gevier.

Nie net sal kykers tien nuwe boere leer ken nie, maar ook vir Marciel Hopkins, die nuwe aanbieder, model en motiveringspreker

Hopkins sê sy glo Boer soek ’n vrou sal ’n lewensveranderende ervaring vir boere kan wees.

“Dit is ’n geleentheid wat nie baie mense in hul leeftyd sal kry nie, want boere gaan mense ontmoet wat hulle nooit andersins sou nie. Die mooiste van alles is dat een van hulle moontlik jou lewensmaat kan wees,” sê sy.

“Die proses is ’n lekker uitdaging om iets buite jou gemaksone te doen – maar dit gaan ook jou hart laat vinniger klop, vir jou selfvertroue gee en jou in die proses bemagtig.”

Boere kan op die volgende maniere inskryf:

Besoek www.kyknet.tv of http://bit.ly/Boere2020 waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai;Bel Marche Media by 079 335 5137; enStuur ’n e-pos na [email protected] (let op dat daar geen .com of .co.za is nie)Belangrike inligting:

Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 21 Maart bereik.Die tien gekose boere sal teen 19 April in kennis gestel word.Hou kykNET se sosiale media of Netwerk24 dop vir die aankondiging oor 2020 se toptien boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf.Die 13de reeks sal van Oktober op kykNET uitgesaai word. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!