• Tuisblad
  • Sport
  • Wilco dalk nog fiks vir Stormers se eerste stryd
Wilco dalk nog fiks vir Stormers se eerste stryd
Wilco dalk nog fiks vir Stormers se eerste stryd

Wilco dalk nog fiks vir Stormers se eerste stryd

Rugby
Stephen Nell



Die Springbok-vaskopstut Wilco Louw se heupbesering is glo nie so erg soos aanvanklik gevrees is nie en daar is 'n goeie kans dat hy beskikbaar sal wees vir die Stormers se eerste wedstryd – teen die Jaguares op Nuweland op 17 Februarie – in vanjaar se Superrugby-reeks.

Dieselfde geld glo die Springbokke Pieter-Steph du Toit (slot) en Siya Kolisi (flank), wat onderskeidelik las van 'n rug- en dyspierbesering het.

Robbie Fleck, die Stormers se afrigter, hou vandag by Nuweland 'n nuuskonferensie waar hy amptelik sal sê hoe sy krukkelys lyk voordat die toernooi aanstaande naweek afskop.

Louw het sy besering opgedoen in die afgelope naweek se voorseisoense wedstryd teen die Bulle in Wellington. Fleck het onmiddellik daarna gesê dat dit die Westelike Provinsie dalk kan noop om buite sy grense na 'n vaskopstut te soek.

Selfs al is die nuus oor Louw goed, kan dit die WP steeds loon om buite die Kaap te soek vir 'n bykomende skrum-anker. Benewens Louw is daar twee ander vaskoppe – die Springbok Frans Malherbe en Michael Kumbirai – op die langtermyn-beseringslys.

Die diepte word dus verskaf deur Carlu Sadie en dalk Caylib Oosthuizen, 'n ervare loskop wat moontlik gevra kan word om aan die vaskopkant van die voorry te sak.

Fleck het Sadie se vertoning geloof nadat hy vroeg in die wed­stryd vir Louw vervang het en dit sal inderdaad nie verbaas as dié Suid-Afrikaanse o.20-speler 'n vuurdoop kry in vanjaar se Superreeks nie.

Of daar realisties op Oosthuizen staatgemaak kan word om sommer net so oor te skakel, is te betwyfel. Tensy daar bitter hard in die voorseisoen gewerk is om hom 'n veelsydige stut te maak.

Moet dus nie verbaas wees as die WP se direkteur van rugby, Gert Smal, sy opsies buite die Moederstad in oënskou neem nie. Dis natuurlik indien die WP dit binne 'n baie streng begroting kan bekostig.

Intussen is dit maar 'n geval van Louw in watte toedraai voor die Jaguares-stryd en duim vashou dat Malherbe se nekbesering binne 'n maand of twee sal wyk.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!