Wild, wilder, WILDSFEES!
Die 14de Windhoek Draught Outjo Wildsfees vind Vrydag en Saterdag by Sophienhof Lodge plaas.
Ronelle Rademeyer
“As jy lief is vir skoffel en lus is vir 'n lekker makietie, dan is die Wildsfees nét die regte medisyne.”
Só nooi die organiseerders van die gewilde Outjo Wildsfees vanjaar besoekers vir die 14de keer uit na nie net die enigste wildsfees in Namibië nie, maar ook die lekkerste van alle kuierfeeste in die land.
Verlede jaar het 3 800 mense dit bygewoon en volgens die organiseerder, Marinette Anthonissen, hoop sy en haar span om vanjaar nóg meer besoekers by Sophienhof buite Outjo te verwelkom.
Die hekke open Vrydag om 08:30 en die verrigtinge skop sommer vroeg af met iets vir almal in die gesin.
Van die eerste aktiwiteite op die program is inligtingspraatjies wat in die Veilingstent gehou sal word. Dit sal handel oor mens-dier-konflik en die bewaring van renosters, terwyl Efekto kinders sal leer hoe om self groente te plant en te oes.
Marinette sê die Outjo Wildsfees is deur die gemeenskap, vir die gemeenskap gestig. Die oogmerke daarvan rus op drie pilare. Dit is naamlik om natuurbewaring te bevorder, veral jongmense oor verskillende aspekte van die natuur te onderrig en toerisme te bevorder. Skole uit die omgewing is dan ook genooi om hierdie inligtingspraatjies by te woon.
Vrydag om 12:00 sal die manne geleentheid kry om in die Zebra Arena aan te sit by die Baarde & Vellies-skaapkoptafel vir afval op sy beste.
Die welbekende rodeo trek hierdie jaar 'n splinternuwe baadjie aan met 'n opwindende “Ranch Rodeo”-kompetisie tussen ses Namibiese en ses Suid-Afrikaanse rodeoruiters. Dit skop reeds Vrydag af. Amateurs kan ook 'n kans waag op een van die bulle en onthou, groot pryse is op die spel!
'n Bok vir sports?
'n Nuutjie vanjaar is 'n vermaaklikheidsarena. As jy 'n bok is vir sports, of spoeg, is hierdie die uithangplek vir jou.
Verskeie kompetisies soos “Fear Factor”, koedoedrol-spoeg, olifantdrol-stoot, boeresport en 'n sterkman-kompetisie is 'n paar van die hoogtepunte om na uit te sien.
Kyk ook uit vir die skopboks-vertoning wat hier gaan plaasvind.
Vir die kinders is daar 'n kinderpretpark en by die Genot-grot sal baba-oppassers die kleingoed besig hou sodat Ma en Pa die fees kan geniet.
Saterdagoggend skop die dag se verrigtinge af met 'n fiets-prentren vir oud en jonk, waarna besoekers aan ook ander aktiwiteite soos die skyfskiet-kompetisie en rodeoritte op 'n elektriese bul kan deelneem.
Die tieners kan vanjaar uitsien na 'n skuimpartytjie en vir diegene sonder hoogtevrees, is daar helikopter-vlugte oor die gebied.
'n Ander hoogtepunt is 'n vertoning met spoorsnyer-honde, vertel Marinette.
Spesiaal vir die vroue
In die Proe & Kuier-tent kan besoekers weer eens lekker smul aan verskillende soorte wildsvleis, kase en ander lekkernye.
Om 08:00 Saterdag is daar 'n damesontbyt waartydens Lizz Meiring die vroue gaan bederf met haar eenvrou-vertoning, 'n Mooi Storie, en Rocco de Villiers hulle gaan laat skater van die lag agter die klavier.
Verskeie kosdemonstrasies gaan aangebied word en besoekers kan leer hoe om onder meer sushi en fondant te maak.
Namibia Wine Merchants sal 'n wynstalletjie langs die kroeg hê waar uitsoekwyne te koop sal wees.
Shoprite Checkers bied ook hierdie jaar 'n uitdunronde vir die gewilde Shoprite Checkers Boereworskompetisie aan. Die wenner dring outomaties deur na die finale ronde van dié kompetisie later in Windhoek en staan 'n kans om 'n Toyota-bakkie te wen. Inskrywings hiervoor het reeds op 10 April gesluit.
Vermaak uit die boonste rakke
Soos in die verlede, sal topkunstenaars uit Suid-Afrika en Namibië sake op die verhoog lewendig hou.
Leah, Adam Tas, Die Broers en Snotkop tree by die Wildsfees op, terwyl die plaaslike kunstenaars Len Nel, Danie Prinsloo, Werner van Zyl en Vaughn Ahrens ook sal sorg vir musiek uit die boonste rakke.
Wildsveiling
Voornemende wildkopers kan reeds van 08:00 Saterdag registreer vir die veiling wat om 12:00 begin.
Du Preez Wild bied die wildveiling in samewerking met die Otjikondo Boerevereniging aan en gaan meer as 300 stuks wild van 21 spesies per katalogus opveil.
Mike Bredenkamp van die Namibiese Wildtelersvereniging en Danene van der Westhuizen van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging is die gassprekers by die geleentheid.
Kontak vir Marinette by 081 127 4015 vir meer inligting, of besoek die webtuiste by www.outjo-wildsfees.com indien jy nog verblyf soek vir die naweek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie