Wildboere trek in Maart by Aldam saam
'n Twee dae lange konferensie oor die toekoms van die wildlewebedryf in Suider-Afrika, vind op 14 en 15 Maart in die Vrystaat plaas.
Die Federasie vir Lewendehawe-registrasie (LRF) het na aanleiding van sy sukses met die jaarliks Aldam-veeskool in die Vrystaat, besluit om dit uit te brei om ook wildboerdery in te sluit.
Mnr. Kobus Bester, president van die LRF, sê die doel van die konferensie is om 'n platform te skep waar die belanghebbendes in die bedryf hul kennis kan verbreed en by mekaar kan leer.
“Die wildlewebedryf is deel van landbou op dieselfde wyse as wat normale landboubedrywighede deel moet uitmaak van bewaring. Dit gaan oor die benutting van natuurlike hulpbronne op 'n volhoubare wyse ter wille van finansiële en ekonomiese vooruitgang, maar terselfdertyd ook op 'n etiese wyse,” sê hy.
Verskeie swaargewigte in die landbou- en wildbedryf is as sprekers genooi, onder wie die Namibiërs mnr. Diethelm Metzger, bekende Simbrateler en wildboer van Steinhausen asook die wildveearts, dr. Ulf Tubbesing van Super Game Dealers.
Bester sê die wildbedryf het met verskeie onbekende faktore te kampe. Verder het boerderypraktyke in die bedryf die laaste paar jaar geweldig baie verander. “Dink maar aan die intensiewe teelprogramme waarbinne sekere hoëwaarde spesies bestuur en geteel word.
“In elke landbouproduksiestelsel is dit belangrik om die behoeftes van die eindverbruiker te ken en te verstaan en te weet of hy/sy die produk kan bekostig,” sê hy in 'n inligtingstuk op die Aldam-veeskool se webtuiste.
Bester sê wat ook al wildboere doen, moet finansieel sin maak.
“Die produk moet bemark word teen 'n prys wat hoër is as die koste om dit by die eindverbruiker te kry. Nie alle diere wat geteel word, is trofeegehalte nie, maar moet ten minste vir hul vleis 'n waarde hê,” sê hy.
Bester sê verder die hanteringskoste en bestuur van wild is duurder as dié van vee en dit skep uitdagings.
Hy sê dit is belangrik dat die bedryf se uitdagings reg en met die nodige kundigheid benader word sodat 'n gewenste toekomstige posisie vir dié bedryf geskep word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie