Wilde diere reageer bloot op die mens
NAMASTE AAN ALLE DIERE SKRYF:
Uitgesluit wie beskuldig word as die jagter wat die olifant Voortrekker geskiet het, boffins se kennis en die ministerie van die omgewing en toerisme se houding, kom ons oorweeg ook:
As jy willens en wetens jouself in 'n gebied vestig waar olifante, leeus, krokodille of seekoeie ens. hoofsaaklik beweeg, is jy willens en wetens daarvan bewus wat dit inhou om saam met hierdie diere te leef en daarby deel van hulle omgewing van hulle weg te neem en aan jouself toe te eien.
Diere het nie die mens se toestemming om in die natuur te wees nie – hulle was daar voor die mens gekom het en daarvan aan homself toegeëien het.
Wanneer dit droogte is, reageer daardie diere op die nood wat hulle ervaar – nog te meer wanneer hulle veral na water soek.
Dis die mens, as “indringer”, se verantwoordelikheid om die diere te leer ken, te verstaan en te weet hoe om sonder geweld te sorg dat die diere so min as moontlik skade aan mensgemaakte landerye en infrastruktuur aanrig.
Olifante en ander wilde diere is nie house trained nie – wanneer hulle hul dors moet les, sal hulle deur mensgemaakte versperrings breek, want hulle verstaan nie hierdie versperrings nie. Vir hulle is dit net iets wat in hulle pad is.
Die mens reik ongelukkig altyd na een oplossing wanneer dit by diere kom wat nie die mens en sy bedrywighede bevoordeel nie: doodmaak. Hetsy 'n vlieg of olifant.
Trofeejag is “wonderlik” as jy nie aan die verkeerde kant van die geweer is nie.
Trofeejag is 'n “wonderlike” prestasie as jy op 'n afstand 'n dier skiet wat geen weerstand kan bied nie.
Die natuur was so geskep dat die natuur homself kan balanseer, maar die mens het homself die reg toegeëien om diere “te oes” om die omgewing te “bewaar”.
Mense word grootgemaak om, en leef in 'n wêreld waarin, diere net as "verbruikersartikels" beskou word.
Soveel het al uitgesterf en gaan nog uitsterf as gevolg van die mens se redenasies, gierigheid en optrede. Dit geld nie net vir diere nie, maar ook vir plante en insekte, voëls, seediere, ens., ens.
As daar gesê word olifantgetalle groei met 3,3% per jaar - al gedink teen watter persentasie die mens se getalle groei? En dat die mens hoe meer die mense word, al hoe meer aarde aan homself toe-eien en wegvat van die dier en dan nie kan verstaan hoekom diere op sekere maniere optree of reageer nie.
As ek in die oë van 'n dier kyk, sien ek nie 'n dier nie, maar 'n lewende wese, wat net soveel reg het om te lewe as ek.
Net omdat die dier nie lyk soos ek, nie praat soos ek, nie redeneer soos ek, die dier se binnegoed bietjie anders in sy liggaam gerangskik is as myne, nie op die manier leef soos ek nie, gee dit my nie die reg om sy lewe van hom te ontneem nie.
Diere ervaar net soos jy en ek ook pyn, koue, hitte, skok, siekte, vrees, honger, dors - maar dit gaan by die mens verby.
Wat laat die mens dink hy weet hoe “dink” 'n dier?
Die mens kan by die dier gaan leer in baie opsigte.
En dink nou net wat sou die diere kon leer van die mens: moord, aanranding, verkragting, bedrog, ens? Ons is gou om te verwys na ”probleemdiere" – wat van “probleemmense"?
Die mens stel hom graag op 'n ander vlak as diere – ego en “eie ek” is altyd op 'n ander vlak as ander. Die mens se lewe draai net om homself en wat hy wil hê, terwyl dier en plant en aarde dit moet ongeld.
Iemand het dit so gestel: “We should not live in a world that we have to protect, we should live in such a way that we need not protect the world.”
Die mens verwoes en vernietig en die aarde is verdraagsaam, maar wanneer die aarde (en diere) op hierdie mishandeling reageer, is die mens verskriklik geskok oor die groot tragedie.
Sou die mens en al sy soorte besoedeling en vernieting verdwyn, sal die aarde homself kan herstel. Sal balans kan terugkeer.
Namaste aan die natuur – “I bow to the divine in you”.
Naskrif: Diegene wat my aandag daarop wil vestig dat ek self lekker aan 'n tjoppie kou – jammer om jou te ontnugter: Ek is 'n lacto-ovo vegetariër en weier om enige dier (hetsy rooivleis of witvleis, pluimvee of seediere) as kos te sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie