Wilde olifante trap vlugteling in woud dood
Bangladesj
'n Ma en haar drie kinders is dood toe 'n trop wilde olifante 'n kamp vir Rohingia-vlugtelinge in die suidelike Cox Bazar-distrik in Bangladesj stormgeloop het.
'n Plaaslike amptenaar het gesê dit het gebeur terwyl die mense gelê en slaap het.
Mohammed Ali Kabir, bosbouamptenaar, het gesê die olifante het die Balukhali-kamp in die dorpie Ukhiya vroeg Sondagoggend binnegekom en tente platgetrap waarin mense geslaap het. Van die vlugtelinge het net betyds na veiligheid gevlug.
Baie bome in die digbewoude heuwels in die suide van Bangladesj is die laaste tyd afgekap om plek te maak vir die massiewe toeloop van Rohingia-vlugtelinge uit Mianmar na die gebied.
Die vlugtelingkamp is op sommige plekke gebou in die pad van olifantmigrasie. Dit hou ernstige omgewingskwessies in en boonop sukkel Bangladesj om die groot aantal vlugtelinge te huisves.
Dit is die vierde keer dat olifante die vlugtelinge in die gebied aanval.
Minstens sewe mense is tydens die vorige aanvalle dood.
Abdul Sukoor (30) se tent op die grens van die kamp is platgetrap. Hy het gesê hy en sy familie het net betyds gevlug toe ander vlugtelinge geskree het die olifante is op pad.
Meer as 530 000 vlugtelinge het die afgelope twee maande uit Mianmar voor die weermag na Bangladesj gevlug. Die weermagoperasies in Mianmar word deur die Verenigde Nasies as etniese suiwering bestempel.- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie