Wilde perde baat by staptog

Me. Brigitte Bartsch wil nog 460 km stap om geld vir die Namib se wilde perde in te samel.
Tanja Bause
Tanja Bause – Me. Brigitte Bartsch (74) het verlede jaar sowat 230 kilometer van Windhoek na Solitaire gestap om geld vir die wilde perde van die Namib in te samel.

Bartsch wou verlede jaar eintlik tot by Garub – die tuiste van die wilde perde – gestap het. Sy is tans besig om dié roete aan te pak.

Sy het Maandag 21 Junie by Solitaire weggespring en hoop om môre (1 Julie) op Garub aan te kom. Dit is sowat 460 kilometer wat sy in 11 dae wil stap.

Bartsch het haar hele lewe lank 'n spesiale verhouding met perde en dit was een van die redes hoekom sy verlede jaar besluit het om hulle op haar besonderse wyse te ondersteun.

Dit en die feit dat sy nog altyd die Camino de Santiago in Spanje wou stap.

“Maar hoekom so ver gaan as Namibië geleent­hede het en daar volop ruimte vir nadenke en stap is,” het sy gesê.

Bartsch is 'n gesoute stapper nadat sy begin stap het om 'n rugbesering te verlig. Loop is vir haar tweede natuur.

Vanjaar word sy deur haar broer, mnr. Ulf Hitzeroth, en haar lewensmaat, mnr. Paul Wipplinger, vergesel.

Haar broer het haar na 'n namiddag toe die weersomstandighede nie in haar guns was nie, gevra hoekom sy dit doen en haar antwoord was: ”Ek het 'n eenvoudige oortuiging jy moet jou hart tot gesondheid en geluk loop of hardloop. Die aktiwiteit van stap plaas my liggaam en verstand in 'n ritme van volledige harmonie. Dit verhoog my sintuie en ek ervaar alles meer intens.

“As ek een dag nie loop nie, voel ek ongemaklik. Ek kom ook agter dit neem normaalweg 'n paar dae voordat ek voel ek is in perfekte ritme en harmonie. Byvoorbeeld, vandag was net daardie dag waar my liggaam en verstand in hierdie heeltemal harmonieuse ruimte was.”

Mense wat Bartsch se staptog wil volg, kan op Face­book by Namibia Wild Horses Foundation gaan inloer. Mense wat graag haar staptog en die perde finansieel wil ondersteun, kan 'n bydrae by Namibia Wild Horses Foundation, First National Bank (FNB): 6334 6659 489, Klein Windhoek tak 281 479 maak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!