Wilde perde: Jongste vul reeds aangeval

Tanja Bause
Tanja Bause - Enige hoop op oorlewing van die Namib se wilde perde krimp al meer, terwyl die ministerie van die omgewing en toerisme na bewering steeds nie ingryp nie.

Op Namibia Wild Horses Foundation (NWHF) se Facebook-bladsy is gister berig die hoop wat die goeie reëns gebring het, is geblus met vul ná vul wat deur gevlekte hiënas by Garub doodgemaak is.

“Die ministerie het gereageer op die openbare protes van meer as ’n week gelede ná die laaste vul doodgemaak is, en gesê die minister het die hervestiging van die hiënas met dringendheid gekoördineer. Niks het gebeur nie,” sê die bladsy.

Intussen is nog ’n vul vier dae gelede gebore – die eerste van drie dragtige merries.

“Die vul is egter ook reeds aangeval en ons weet nie of hy sy beserings sal oorleef nie,” word op Facebook beweer.

Volgende jaar, wanneer die voortplantingsiklus weer begin, sal die jongste merrie al agt jaar oud wees.

Op dieselfde bladsy word die ministerie gekritiseer as onbevoeg om ’n oplossing vir die hiënaprobleem van die afgelope vier jaar te vind.

Van die kommentaar lees as volg: “Die MET dring daarop aan om volle beheer oor die perde te handhaaf, maar het na my mening nie die wil en vermoë om hul mandaat uit te voer nie. Goeie, suksesvolle nieregeringsorganisasies word belemmer sodat hulle nie vir MET in die verleentheid kan stel nie en hulle as nutteloos te bewys.”

“Nog 'n walglike mislukking van MET om betyds op te tree, alhoewel dit al jare terug aan hulle gerapporteer is. Skokkend.”

“Nee dit is verskriklik om toe te kyk hoe 'n bevolking uitsterf en die regering is te trots om hulle te oorhandig aan NWHF en te stadig om hulle te red.”

Die ministerie is om kommentaar genader, maar het teen druktyd nie gereageer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!