Wilde perdemerries dragtig
Wilde perdemerries dragtig

Wilde perdemerries dragtig

Daar is tans 72 wilde perde by Garub wat bestaan uit 31 merries, 40 hingste en een vulletjie.

“Verskeie merries is dragtig en sal na verwagting van laat September of vroeg Oktober af tot Februarie 2020 vul, terwyl die meeste vulletjies teen Desember verwag word,” lui 'n verklaring van die Namibia Wild Horses Foundation (NWHF).

“Hoewel daar hiënas in die gebied is, is geen wilde perde sedert Februarie gevang nie,” sê die stigting.

Ná twee vergaderings tussen die ministerie van die omgewing en ­toerisme, die NWHF en belanghebbendes is 'n konsepbestuurplan oor die toekoms van Garub se wilde perde saamgestel.

“NWHF het terugvoering oor die plan gegee en wag vir die ministerie se finale besluit oor die aksie­plan vir die wilde perde. NWHF het ook hul hulp aan die ministerie gebied om die aksieplan te ontwikkel.”

NWHF meen die wilde perde bly die staat se eiendom en word deur die ministerie bestuur.

NWHF verwelkom die stappe wat die ministerie gedoen het om 'n aksieplan vir Garub se wilde perde op te stel, “aangesien die besluite geneem tydens krisisbestuur nade­lige gevolge vir die ander spesies ingehou het – veral vir die hiënas wat hier woon”.

Volgens die stigting het die ministerie die wilde perde van Garub se ­toerisme- en ekologiese waarde amptelik erken.

“Die Garub-gebied van die Namib-Naukluft Park en die Tsau//Khaeb (Sperrgebiet) ­Nasionale Park gaan as 'n meerdoelige gebruiksgebied vir beter bestuur gehersoneer word.”

NWHF sê met die onlangse reën het grastoestande by Garub verbeter, wat daartoe gelei het dat die perde se toestand verbeter het.

“Hopelik sal dit met die somerreënvalsiklus saamval, wat nuwe gras sal laat groei.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!