Wildmisdaadsindikate in 2020 vasgetrek
Wildmisdaadsindikate in 2020 vasgetrek

Wildmisdaadsindikate in 2020 vasgetrek

Verskeie smokkelaars, stropers en meesterbreine van sindikate is verlede jaar volgens die wildmisdaadverslag van 2020 in hegtenis geneem.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg

Die voorkoms van wildmisdaad, veral rakende renosters, olifante en ietermagôs het in 2020 gedaal, maar steeds is ’n derde van alle inhegtenisnemings verwant aan dié hoë waarde spesies.

Volgens 2020 se wildmisdaadverslag is 31% minder sake aanhangig gemaak, asook 31% minder verdagtes as in 2019 in hegtenis geneem.

Altesaam 145 verdagtes is in verband met renosterstropery of horingsmokkelary in hegtenis geneem, maar in 2020 is op meer renosterhorings (21) beslag gelê as die 13 in 2019.

Die suksesverhaal is dat minder renosters in 2020 (74) as die vorige jaar (129) gestroop is met talle verdagtes wat in hegtenis geneem is vóór renosters gestroop is.

“Hierdie gevalle verteenwoordig nie net belangrike wetstoepassingsuksesse nie, maar is belangrik vir bewaring met renosters se lewens wat gespaar is,” lui die verslag.

Inhegtenisnemings tydens 2020 sluit ’n aantal hoëvlak misdadigers soos smokkelaars en internasionale meesterbreine van widlmisdaadsindikate in.

“Een van hulle is ‘n meesterbrein van ’n buurland wat bande met eindmarkte in Asië het. Die ander een is ’n hooggeplaaste in Namibiese veiligheidsmagte wat stropery in nasionale parke gekoördineer het,” lui die verslag.

“Tydens 2020 het gesamentlike operasies tussen Namibië en Botswana gelei tot die onderbreking van ten minste twee sindikate wat renosters in albei lande geteiken het.”

Nóg ’n hoëprofiel-inhegtenisneming is die van die gewilde selfverklaarde profeet, pastoor Jackson Babi “wat aandui dat mense van alle beroepe en sfere van die samelewing by misdaad betrokke kan wees”.

IVOOR

Olifantstropery het aansienlik afgeneem met slegs 11 olifante wat in 2020 gestroop is, maar daar is ’n styging in beslagleggings op ivoor in die streke van Kavango en Zambezi, wat hoofsaaklik van ander lande afkomstig is.

“Namibië werk nou saam met Botswana en Zambië rakende oorgrens-wetstoepassing om transnasionale wildmisdaad vas te vat,” lui die verslag.

Ietermagôs is steeds die mees gesmokkelde dier in 2020 met 74 waarop beslag gelê is – steeds minder as die 129 gekonfiskeerde ietermagôs in 2019.

“Slegs agt van die 74 ietermagôs was lewend. Die meeste beslagleggings het uit velle (59) bestaan,” lui die verslag.

Een van die suksesverhale is Suid-Afrika wat intelligensie-inligting aan die polisie via die Amerikaanse ambassade oorgedra het wat gelei het tot die inhegtenisneming van vier vermeende ietermagôsmokkelaars. Beslag is op ’n lewende ietermagô, vier ietermagôvelle en twee voertuie gelê.

Die lewende ietermagô is gerehabiliteer en vrygelaat.

Wat die nasionaliteite van wildmisdadigers betref, maak Namibiërs 90% van al die verdagtes uit.

Nóg ’n mylpaal van 2020 is die finalisering van die Hersiene Nasionale Strategie oor Wildbeskerming en Wetstoepassing van 2021 tot 2025.

BOSSLAGTERY

Die Covid-19-pandemie het ook sy tol op wildmisdaad geëis met stropery vir bosvleis wat die hoogte ingeskiet het.

Meer as 200 karkasse van groot wildsbokke is in 2020 gekonfiskeer met die hoogste voorkoms in die Erongostreek.

Gemsbokke word die meeste gestroop (altesaam 84 in 2020), gevolg deur koedoes (22), Hartmann-bergsebras (19) en vyf kameelperde.

“Die styging van die stropery vir bosvleis in sommige gebiede is weens die impak van Covid-19 op gemeenskappe se lewensbestaan,” lui die verslag. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!