Willem Barnard vry man nu00e1 appu00e8l slaag
Willem Barnard vry man nu00e1 appu00e8l slaag

Willem Barnard vry man ná appèl slaag

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die 66-jarige Willem Visagie Barnard wat in Januarie 2018 in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind is aan die moord op sy vrou, me. Anette Barnard, is 'n vry man.
Dit volg nadat appèlregters Sylvester Mainga, Dave Smuts en Elton Hoff bevind het die staat kon nie sy saak bo 'n redelike twyfel bewys nie. Uitspraak is vandag in die hooggeregshof gelewer, nadat die appèl in Maart vanjaar gehoor is.
Anette is in April 2010 in ’n skietvoorval op die egpaar se plaas in die Aranos-distrik doodgeskiet. Sy was 55 jaar oud.
Regter Naomi Shivute het twee jaar terug in haar uitspraak gesê Barnard kan nie agter 'n verweer van ontoerekeningsvatbaarheid skuil om verantwoordelikheid vir die moord op sy vrou te ontduik nie.
Sy het hom skuldig bevind aan moord met direkte opset, saamgelees met die bepalinge van die wet op die bekamping van huishoudelike geweld.
Barnard het in sy verweer aangevoer hy kan min van die noodlottige nag onthou. Hy het in sy pleitverduideliking gesê hy het die aand van 9 April 2010 voor die televisie in hul leefkamer aan die slaap geraak en het in die middel van die nag wakker geword en sy vrou in 'n plas bloed aangetref.
'n Rewolwer het op die vloer tussen hom en sy vrou gelê. Barnard het aangevoer hy was erg besope en het medikasie saam met die drank geneem.
Die appèlhof het bevind sy weergawe, dat sy vrou haarself geskiet het, is in die lig van die getuienis redelik moontlik waar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!