William neem ‘boodskap van vrede’ na Palestyne
Prins William het Dinsdag weer bewys watter diplomatieke meester hy is toe die Israelse president hom gevra het om ’n vredesboodskap na die Palestynse president te neem.
Prins William (36) het versigtig sy woorde gekies en geantwoord dat hy “hoop dat vrede in die gebied bewerkstellig kan word”, berig SkyNews.
Die prins, die eerste senior koninklike om Israel amptelik in 70 jaar te besoek, het Dinsdag ’n vol dag van verpligtinge gehad.
In die saal van herinnering van die Yad Vashem Menseslagting-museum het hy ’n krans neergelê en met oorlewendes van die Menseslagting gesels.
Nadat hy ’n uitstalling van slagoffers van die Menseslagting se skoene gade geslaan het, het die prins gesê hy het die uitstalling “skrikwekkend” gevind.
Hy het ’n tradisionale kippah op sy kop gedra terwyl hy die museum besoek het.
Daarna het nóg ’n amptelike verpligting gewag, dié keer ’n ontmoeting met pres. Reuven Rivlin. Die prins het ’n sokkerhemp van sy gunstelingsokkerspan, Aston Villa, aan Rivlin oorhandig.
POLITIES NEUTRAAL
Hoewel daar van lede van die koninklike gesin verwag word om ten alle tye politiek neutraal te wees, was dit die Israelse president wat oor die onmin tussen Jode en Palestyne begin praat het. Hy het prins William gevra om wanneer hy pres. Mahmoud Abbas (van Palestina) ontmoet, ’n boodskap van vrede aan hom oor te dra, berig SkyNews.
Ná dié afspraak het die prins tyd saam met Benjamin Netanyahu, die Israelse premier, en sy vrou, Sara, deurgebring.
Tydens dié besoek is hy ook voorgestel aan Edith en Phillipe Cohen, afstammelinge van Jode wat prins William se ouma aan vaderskant, prinses Alice, tydens die Menseslagting in Athene, Griekeland, versteek het. (Prinses Alice is prins Philip se ma).
Prinses Alice is in 1969 oorlede. Sy is deur Israel vereer omdat sy Jode tydens die Menseslagting gehelp het en haar reste is in 1988 in Jerusalem begrawe.
In ’n toespraak by die Britse ambassade het die prins verwys na die streek se ingewikkelde en tragiese geskiedenis en gesê die hoop op versoening is nou nodiger as ooit. “Ek weet ek deel die hoop met almal van julle, en jul bure, vir regverdige en blywende vrede,” het hy gesê.
PALESTYNSE LEIER
Prins William het Woensdag die eerste senior Britse koninklike geword om die Palestynse gebied te besoek. Hy het ’n vlugtelingkamp in die besette Wesoewer besoek, en die hoop uitgespreek vir vrede in dié gebied tydens ’n ontmoeting met die Palestynse president.
William is met ’n rooi tapyt en erewag by die Palestynse regering se hoofkantoor in Ramallah verwelkom.
“Ek is baie bly ons twee lande werk so nou saam en het reeds suksesverhale met onderwys en noodleniging in die verlede gehad, mag dit nog lank so voortgaan,” het die prins aan pres. Mahmoed Abbas gesê.
“Ek voel soos jy, ek hoop op blywende vrede in die streek,” het die prins gesê.
William het daarna die Jalazone-vlugtelingkamp en die kamp se kliniek besoek.
Gewapende Palestynse veiligheidswagte het op dakke van die kamp gestaan tydens die prins se besoek. Die kamp huisves meer as 9 000 vlugtelinge. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie