WilliBoy se familie gesoek
Vriende van die 57-jarige mnr. Johannes Kasper alias WilliBoy, 'n bekende in Windhoek se strate, is op soek na enige familie van hul vriend.
WilliBoy het op 7 Desember vanjaar in die Katutura-staatshospitaal aan keelkanker gesterf. Volgens 'n goeie vriend, mnr. Christo (Ouboet) Jacobs, is WilliBoy se liggaam steeds nie by die staatslykhuis in die hoofstad opgeëis nie.
“Geen familie het hom nog kom 'claim' nie. As niemand kom nie, wil ons maar geldjies bymekaar maak en kyk of ons hom in die grond kan sit.”
Volgens Jacobs het die vriende mekaar by woonstelle in Windhoek ontmoet waar WilliBoy altyd skoongemaak het.
“Hy het in die garage gebly en het met die werk 'n ietsie verdien.” Jacobs sê hulle was vir byna 'n dekade lank vriende met WilliBoy wat die afgelope 14 jaar in die hoofstad gebly het.
“Ek het in my lewe nooit familie by hom gesien nie, maar hy was baie orraait.”
Volgens Jacobs het hy sy vriend gedwing om hospitaal toe gaan, omdat hy kon sien hy was nie gesond nie.
“Ek het hom in die hospitaal gaan besoek en kon sien hy was baie siek.”
WilliBoy sou op 31 Desember 58 jaar oud geword het. Enige persoon wat inligting het oor waar sy familie hulle mag bevind, kan vir Jacobs by 081 396 6827 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie