Willie wys sy WB-staal al was blad gebreek

Rugby
Hendrik Cronjé – In 1995 was dit André Joubert en sy gebreekte hand. In 2019 het nóg ’n Springbok-heelagter, Willie le Roux, die pyngrens ter wille van die Groen-en-goud op die grootste verhoog geïgnoreer.
Le Roux het in die kwart-, half- en -eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi in Japan onbewustelik met ’n gebreekte bladbeen gespeel.
Hy het sy besering vroeg in die kwarteindstryd teen Japan in die Tokio-stadion opgedoen toe sy spanmaat Pieter-Steph du Toit hom per abuis hard met sy heup en knie op die skouer getref het toe albei om ’n losbal meegeding het.
Le Roux (31) het onmiddellik ná die voorval erge pyn in sy skouer gehad. Sy skouer was selfs vir lank in die eerste helfte lam.
Die Bok-bestuurspan het hom rustyd gevra of hy vervang wou word, maar Le Roux was vanweë die verhoog van ’n Wêreldbeker-uitspeelstryd en ongelooflike atmosfeer in die stadion, só vol adrenalien, dat hy niks daarvan wou weet nie.
Die Bokke se mediese span het hom ná die Japanse toets vir ’n skandering gestuur, wat aanvanklik nie die erns van die besering aangedui het nie.
In die halfeindstryd teen Wallis het Le Roux groot ongemak van sy besering verduur. Hy het selfs gesukkel om sy arms hoog op te lig om die bal te vang wanneer hy met hoë skoppe gepeper is.
Omdat hy gevoel het die besering beïnvloed sy spel, het hy voor die eindstryd met Rassie Erasmus, Bok-breier, daaroor gepraat.
“Hy het aan Rassie gesê hy is bang die besering kan sy spel op ’n kritieke stadium in die eindstryd negatief beïnvloed en dat hy nie sy spanmaats in die steek wil laat nie,” het ’n hegte vriend van Le Roux aan Rapport gesê.
“Hy het aan Rassie gesê hy sal hom nie verkwalik as hy hom nie vir die eindstryd kies nie. Rassie wou niks weet dat Willie nie speel nie. Hy het selfs ’n video oor Le Roux se invloed op die Bokke se aanvallende spel aan sy spanmaats gewys, wat later op sosiale media rondgestuur is.
“Willie kon ook in die eindstryd speel omdat hy baie goed deur die mediese personeel, soos Konrad von Hagen (spandokter) en Rene Naylor-hulle, bestuur is.”
Le Roux het sy beste vertoning by die toernooi in die eindstryd gelewer, gebreekte bladbeen en al. Eers ná die skouspel het nog ’n skandering die erns van sy besering getoon.
Dr. Org Strauss, wat gister na die skandering gekyk het, sê daar is ’n senuwee wat naby sy gebreekte bladbeen loop en baie pyn kan veroorsaak. Strauss is as ’n voormalige spandokter van die Cheetahs en die Bulle vertroud met sportbeserings.
“Dit sal moeilik wees om in ’n ander posisie, wat meer kontak vereis (soos byvoorbeeld stut en slot), met daardie besering te speel.”
Rapport kon Le Roux nie gister vir kommentaar bereik nie. Hy was op ’n vlug van Suid-Afrika na Japan waar hy hom by sy klubspan Toyota Verblitz sal aansluit.
In die 1995-WB het Joubert in die halfeind teen Frankryk en in die eindstryd teen Nieu-Seeland met ’n gebreekte hand gespeel. - Netwerk24/Rapport


FOTO
Willie le Roux se bladbeen het in die WB-kwarteindstryd gebreek toe Pieter-Steph du Toit op hom geval het.

Duane Vermeulen praat sy Bok-spanmaat Willie le Roux moed in tydens die Wêreldbeker-eindstryd verlede jaar. Dit was net nadat Le Roux hom van die pyn in sy skouer vertel het. Foto: Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!