Wimpy-eienaar waarsku wéér oor nuwe planne
Meer as ’n maand nadat Famous Brands die eerste aanduiding gegee het dat hy een van sy restaurantgroepe gaan verkoop, het die groep steeds nie meer inligting vir die mark nie.
Hanlie Stadler
Die eienaar van Steers, Wimpy en Mugg & Bean het Vrydagoggend in ’n Sens-verklaring gewaarsku “strategiese opsies word steeds oorweeg met betrekking tot ’n filiaal wat, as dit voltooi word, ’n wesentlike invloed op die maatskappy se aandeelprys kan hê”.
Die vorige keer dat dié waarskuwing uitgereik is, was op 17 Augustus.
Daarna het aandele-ontleders bespiegel dat Famous Brands sy Britse restaurantgroep Gourmet Burger Kitchen (GBK) wil verkoop.
Die maatskappy is steeds in ’n geslote tydperk in die aanloop tot die uitreiking van sy tussentydse syfers vir die halfjaar tot einde Augustus en kan nie in dié stadium kommentaar lewer nie.
Famous Brands se aandeelprys het Vrydagoggend skuins voor 10:00 met 0,75% tot R100 gedaal. Die aandeelprys het sedert sy hoogste sluiting, van R166,10 in Oktober 2016, byna 40% van sy waarde verloor.
ENORME VERLIES LY
Famous Brands het die afgelope jaar ’n enorme verlies gely met Gourmet Burger Kitchen (GBK), ’n groep restaurante wat luukse burgers in Brittanje en Ierland bedien, wat hy so onlangs as Oktober 2016 aangeskaf het.
Famous Brands het twee jaar gelede £210 miljoen (destyds R2,1 miljard) vir GBK betaal. In die boekjaar tot einde Februarie is ’n afskrywing van R340 miljoen gedoen vir GBK, wat ’n bedryfsverlies van £7,8 miljoen in die tydperk gely het.
Ander restaurante waarvan Famous Brands dalk ontslae wil raak, is die kitskosgroep Mr Bigg’s in Nigerië.
Hy is steeds besig om die braaihoendergroep Giramundo en die bakkery The Bread Basket toe te maak en dit lyk asof die roomyswinkel Wakaberry ook nie juis aftrek kry nie.
Wimpy is die grootste bron van inkomste vir die groep.
Famous Brands het die afgelope jaar nagenoeg 100 restaurante gesluit, die meeste van hulle takke van Steers, Wimpy en Debonairs wat nie wins gemaak het nie.
Famous Brands reik sy halfjaarresultate vir die ses maande tot einde Augustus op 29 Oktober uit. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie