Wind roer skuts se vernuf
Jaggeweerskiet
Tielman van Lill
Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging het onlangs sy tweede streekkompetisie vir 2020 op die plaas van Jan Keyser en die Schützenverein-skietklub by Tsumeb in die noorde aangebied.
Op die eerste dag het die .223-skuts hul visier op lewensgrootte teikens van 'n haas, klipspringer, steenbok, dassie en ghong vanaf 'n boomstomp, buiteband, driepoot, kratte, mikstok en paal gerig en met vyf skote per deelnemer losgebrand.
Johannes Marais het die eerste plek voor Francois Marais junior weggeraap, met Francois Marais senior in die derde plek.
Op die Saterdag het die ope klas aan die beurt gekom, waar die wind behoorlik die skuts se vernuf beproef het om die blesbok, gemsbok, hartbees, vlakvark en ghongs met voltreffers raak te skiet. Deelnemers moes weereens uit ongewone posisies – vanaf 'n hoogte, sittende, vrystaande of knielende posisie – die teikens tref.
Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging bedank Jan Keyser en familie, die Schützenverein-skietklub en lede, Hento Maritz van Outdoor Centre Otjiwarongo, AI Academy, Pupkewitz Otjiwarongo, Rosenthal Guns asook LeoJo Chemicals wat die naweek moontlik gemaak het.
Die volgende beplande byeenkoms sal die King Price-kompetisie op 23 en 24 September by Otjiwa Lodge naby Otjiwarongo wees.
Me. Bets-Marié Coetzee, skakelbeampte van die jaggeweerskietvereniging, sê: “Almal (ook nie-lede) asook korporatiewe spanne is welkom om saam met ons lede die volgende kompetisie by te woon. 'n Groot dankie aan King Price wat as hoofborg die Otjiwa-byeenkoms gaan ondersteun.”
Die ope kompetisies se eindposisies was soos volg:
Penkoppe: 1 Christo van Rooyen, 2 Dawid du Toit, 3 Vincent Maresch.
Juniors: 1 Xander van Rooyen, 1 Roedolf Maritz, 3 Karin Coetzee.
Veterane: 1 Francois Blaauw.
Seniors: 1 Francois Marais sr., 2 David Francis, 3 Marius Louw.
Vroue: 1 Tanya Cocklin, 2 Karola Marais, 3 Ella Blaauw.
Mans: 1 Francois Marais jr., 2 Dirk Wessels, 3 Jimmy O'Kennedy.
Bronsklas: 1 Barend Beddies, 2 Heinrich Jansen van Vuuren, 3 Ella Blaauw.
Silwerklas: 1 Pieter Maresch, 2 Wilhelm Loubser, 3 Sonnie Basson.
Goudklas: 1 Francois Marais jr., 2 Dirk Wessels, 3 Francois Marais sr.
Algeheel: 1 Francois Marais jr., 2 Dirk Wessels, 3 Francois Marais sr.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie