Wind saai verwoesting op Oniipa, Ondangwa
‘n Stormwind het Woensdag ernstige skade aan meer as 20 geboue in die Oniipa-kiesfadeling in die Oshikotostreek aangerig.
Volgens die streeksraadslid vir Oniipa, mnr. Jerry Ngwena, is dakke afgeruk en heinings omgewaai. Die laerskool het ook deurgeloop. Bome is ontwortel en selfs grafstene in die begrafplaas is omgewaai.
Ngwena sê die wind het omstreeks 16:00 begin waai en die storm het sowat drie minute geduur.
Niemand is beseer nie.
Op Ondangwa is verskeie besighede beskadig. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie