Wind van voor op pad na Kanada
Boogskiet
Hoewel min dinge werklik vir die Namibiese NASP-boogskietspan reg verloop het, het die vyf meisies en tien seuns goed teen uitmuntende skuts by die internasionale NASP-kampioenskap in Kanada gevaar om reeds 'n bronsmedalje in te pak.
Daar was aan die span verander, vlugte was geherskeduleer en 'n vliegtuig se enjinprobleme het veroorsaak dat die Namibiërs 'n dag langer in Frankfurt moes vertoef. Dus het hulle nie genoeg tyd gehad het om in Kanada te akklimatiseer nie. Maar dit het nie die meisies en seuns uit die dorsland verhinder om hul land se vlag hoog te laat wapper nie.
Die kompetisie het begin waar elke skutter drie pyle na die Bulls' Eye-teikens gemik het. Die punte van daardie drie pyle is dan gebruik om elke deelnemer se plek op die ranglys te bepaal waarvolgens hy of sy in die Bull's Eye-kompetisie sou skiet.
Dieselfde telling is ook gebruik om die eerste 12 skutters van elke span te bepaal wat ten minste vier van elke geslag moet insluit, asook om tellings vir die spanne te kry.
Aan die einde van dag een was die stand van sake vir die All Star-spanne soos volg: 1 Amerika 10 490, 2 Suid-Afrika 10 322, 3 Namibië 10 140, 4 Kanada 10 092.
Op die tweede dag het spanne om die derde plek vir die All Star-span meegeding waar Namibië 'n bronsmedalje verwerf het (eerste Amerika 3 487, tweede Suid-Afrika 3 449, derde Namibië 3 415).
In die individuele Bull's Eye-afdeling het Leonise Human (tiende), Isabel Louw (12de) en Melaney Erasmus (13de) stewige posisies uit 21 meisies behaal.
By die seuns het Diwan Engelbrecht (negende), Wian Lottering (16de), Pieter Hough (20ste) en Gerhard Koen (22ste) uit 42 seuns geëindig.
“Ons by die Nasionale Boogskietprogram in Skole (NASP) is geweldig trots op die span en wat hulle tot dusver bereik het,” sê me. Karola Woortman, sekretaresse van die NASP.
Die kompetisie sou Woensdag ten einde loop met die 3D-skywe wat aangepak is. Die span sal komende Sondag terugkeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie