Winde van verandering
ERNST HASHAGEN SKRYF:
In ons buurstate waai daar winde van verandering.
Blatante diefstal en selfs moord (Zimbabwe, 1980) wat deur staatsleiers begaan is, word uiteindelik oopgevlek en selfs gestraf. Wat in ons buurstate gebeur, sal ons altyd beïnvloed, veral as dit by “Big Brother” gebeur. Jakob Zuma het daarin geslaag om Suid-Afrikaners te verenig, nie vír hom nie, maar teen hom.
Die volk het moeg geword vir diefstal en uitbuiting deur verkose leiers. Die rooi ligte flikker. Ons sal dit moet aanvaar. Leiers sal in hulle besluitneming aan die mense moet dink en minder aan hul eie sakke.
PLAASLIK
Dit is dringend nodig dat ook in ons land positiewe veranderings moet kom. Ons ken almal die probleme, maar dit moet oor en oor genoem word. Ons moet hoop dat die waarskynlikheid bestaan dat verantwoordelikes dit tog eendag ter harte sal neem en iets daaraan sal doen.
Die ergste is dat die hoogste gesag, naamlik die president, nie deur al die leiers gerespekteer word nie.
Meer as 100 parlementariërs kry 'n wonderlike salaris en byvoordele, maar steeds moet die president kla dat daar te dikwels nie 'n kworum is nie. Dringende werk word nie afgehandel nie. Wat doen daardie mense?
Dien hulle die mense wat hulle gekies het of het die geldgierigheid hulle ingehaal en dien hulle net hulself? Wanneer voer hulle die opdrag van die president, naamlik om hulle bates te verklaar, uit. Reeds in 2015 was dit 'n dringende opdrag.
Iemand word aangestel as adjunkminister. Die president kan hom nie op sy selfoon bereik nie. Die onkoste wat deur die besit van die selfoon ontstaan, word deur die belastingbetaler betaal!
Wanneer word die wet vir beter beheer oor staatsbeheerde ondernemings uiteindelik voorgelê en aanvaar? Hoe lank gebruik die meeste van hulle nog die staatskas as gerieflike melkkoei?
Die weermag koop 'n weeldeplaas vir miljoene. Die president, ”Commander in Chief,” word nie geraadpleeg of in kennis gestel nie. Die redes vir hierdie uitgawes is belaglik.
Die regering ondersteun dorpsbesture, maar die meeste plaaslike owerhede laat die mense wat hulle verkies het liederlik in die steek.
Hoekom is daar nog mense, veral Asiatiese buitelanders, wat belasting ontduik?
DIE 'WITHUIS'
Elke dag ry die meeste van ons leiers by die “White House” by Robert Mugabelaan nommer 55 verby. Hierdie verwaarlooste huis staan langs dr. Sam Nujoma se kantoor en reg oor die moderne, duur gebou wat die ministerie van grondhervorming huisves. Het hulle al ooit agtergekom onder watter haglike omstandighede hierdie medeburgers moet leef?
'n Verdere bewys is die behandeling van die San-gemeenskap in hulle woongebied Tsumkwe. Lees gerus die brief van mnr. Hendrik van Zyl (Republikein, 20 Februarie 2018). Is hulle dan nie burgers van hierdie land nie?
Die grootste uitdagings bly egter werkloosheid, die chaotiese onderwystoestande, mediese versorging en grondhervorming.
Daar is nog baie voorbeelde. Ruimte ontbreek om almal te noem.
Namibië se bevolking het hierdie tipe van behandeling nie verdien nie.
DANKBAAR, MAAR. . .
Ten spyte van die baie klagtes wat ons daagliks in die koerante lees, is daar baie dinge waarvoor ons dankbaar moet wees. Ons het byvoorbeeld 'n vrye media en kan dus ons gedagtes met ons medeburgers deel.
Geluk ook aan ons sportmanne en -vroue. Die sokkerspan, hokkie, rugby, ons atlete, die fietsryers en veral die gestremde atlete en nog baie meer. Hulle en hulle afrigters is voorbeelde vir ons jeug.
Die opofferings van sportlui en afrigters maak 'n mens opgewonde. Hoekom kan baie van ons politieke leiers nie hierdie mense se voorbeeld volg nie?
Die president noem hierdie jaar die jaar van “rekenskap”. As hy daarin slaag om toestande drasties te verbeter, sal die nasie onder hom verenig en nie teen hom nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie