Windhoek, die Bucht spog met wêreldkampioene

Die bestes uit Amerika, Suid-Afrika en Europa het die Namibiërs aangespoor.
Tielman van Lill
Elf Namibiërs het vanaf 8 tot 12 Oktober in Suid-Afrika aan die Internasionale Veldboogskietvereniging (IFAA) se 2018 Wêreldveldboogskietkampioenskap saam met 412 skutters van dwarsoor die wêreld deelgeneem.

Die kampioenskap wat by Potchefstroom aangebied is, was ’n besonders goeie jagveld vir die Namibiërs en het drie wêreldkampioene in hul onderskeie klasse opgelewer.

Boonop is tien Namibiese rekords deur vyf skutters oortref.

Jannie Meuwesen van Lüderitz, wat aan ’n baie mededingende dissipline deelgeneem het, het sy man gestaan om 47 mededingers vir die wêreldkroon uit te stof.

Dirk de Bod junior van Windhoek het op sy beurt ook vir drama gesorg toe hy sy afdeling (13 tot 17 jaar) ingepalm het om as wêreldkampioen bekroon te word.

Namibië se derde breker was Christiaan Brandt wat ook van die hoofstad afkomstig is. Brandt was in ’n stryd met die Hongare slaags, maar vaar stukke beter as sy mededingers om met die wêreldtitel weg te stap. In sy aanslag om die Europeërs op hul plek te sit, oortref hy ook ’n paar Namibiese rekords.

Twee silwermedaljes word ook deur die Windhoekers JP Viljoen en Nanda Schoeman opgeraap, wat net-net nie die eerste plekke kon behaal nie.

Die Namibiërs se uitslae by die wêreldkampioenskap:

Senior mans, vrystyl onbeperkteklas: Jannie Meuwesen (goud) en Piet Zondagh (20ste).

Senior mans, jagboog onbeperk: René Rossler (4de).

Senior vroue, vrystyl onbeperk: Beanta Viviers (16de).

Junior mans (13-17 jaar), vryslag onbeperk: Dirk de Bod junior (goud).

Jong volwasse mans (17-19 jaar), jagboog onbeperk: JP Viljoen (silwer).

Junior mans, vrystyl terugbuigboog onbeperk: Christiaan Brandt (goud).

Senior vroue, jagboog onbeperk: Liezl Schoeman (sesde) en Mel Rossler (12de).

Junior vroue (13-17 jaar), jagboog onbeperk: Nanda Schoeman (silwer).

Namibiese rekords is soos volg opgestel:

Diereronde: Liezl Schoeman 558 punte. Veldronde: JP Viljoen 506, jagronde 497 en diereronde 542. Dirk de Bod jnr. 545 in jagronde. Jannie Meuwessen 547 in veldafdeling en jagronde 549. Christiaan Brandt stel 456 (veldronde), 460 (jagronde) en 542 (diereronde) op.

Die Namibiese Boogskietvereniging is ongelooflik trots op sy skutters se prestasie en wens elkeen hartlik geluk wat deelgeneem het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!