Windhoek gasheer vir Bybels in Afrika
Die Bybelgenootskap van Namibië is vandeesweek die gasheer van die jaarlikse samekoms van genootskappe uit Afrika.
Die samesprekings tussen hoofbeamptes en voorsitters fokus op die beplanning en vereniging van soortgelyke doelwitte om die Bybelgenootskap se werk in Afrika en dwarsoor die wêreld te bevorder.
Genootskappe uit Afrika suid van die Sahara, asook personeel van die Verenigde Bybelgenootskappe (UBS), sal die samesprekings bywoon.
100 AFGEVAARDIGDES
Die sowat 100 afgevaardigdes sluit die voorsitter van die UBS se wêreldraad, me. Efua Gharthey van Ghana, sowel as die UBS se direkteur-generaal, mnr. Michael Perreau van Maleisië, in.
Die tema van vanjaar se samekoms, wat tot vandag in Windhoek duur, is “Bou stewige fondamente”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie