Windhoek Gim toer in die buiteland

Jaarliks toer ons netbal-, hokkie- en rugbyspanne Suid-Afrika toe, en hierdie jaar het dit goed gegaan!
Helene Bam
Ju-Ané Oberholzer, Windhoek Gimnasium

Windhoek Gimnasium se o/15- en o/17-netbalspanne het deelgeneem aan die Waterkloof-toernooi, oftewel die Klofie Netbalfees, waar hulle van 1 tot 5 April hul harte uitgespeel het. Die o/15A-span het hul afrigter, juf. Klara Greyling, baie trots gemaak deur 12 van hul 14 wedstryde te wen, en net twee te verloor. Hul kaptein is Rhisdia van Wyk, in graad 9.

Die o/15B-span se kaptein is Kara van den Heever, in graad 9, en hulle afrigter is juf. Angelique Agenbag. Hulle het in totaal 12 wedstryde gespeel. Hierdie is die eerste jaar dat daar ‘n o/15-Bank Windoek Superliga is. Ongelukkig speel net die A-spanne in die Bank Windhoek Superliga.

Die o/17A-netbalspan het nege van 15 moeilike wedstryde gewen, ses verloor en hulle sê hulle is reg vir hierdie jaar se Superliga. Hul afrigter is juf. Elrea Dreyer en hul kaptein is Jacolene Brand in graad 11. Die o/17B-span het 13 wedstryde gespeel teen A-spanne en hulle het ‘n goeie kans om die ander A-spanne in die o/17-liga te klop.

Jannette Brand in graad 11 is hulle kaptein, en hul afrigter is juf. Taliza Steenkamp.

Ons eerste netbalspan het in die Raloka-toernooi deelgeneem van 2 tot 6 April. Daar het hulle agt wedstryde gespeel, waarvan hulle ses gewen het en net twee verloor het, die een teen Zwartkop en die ander een teen die Universiteit van Johannesburg.

Die eerste netbalspan se kaptein is Juandré Nel, in graad 12, en hul afrigter is juf. Imelda Basson. Die volgende spelers is gekies om aan ‘n toernooi in Mauritius deel te neem van 3 tot 10 Oktober: Monica Gomases, Shawna Pieters, Henryke Garbers, Toni Chiappini en Lerato Martins. Monica is ook gekies as die Speler van die Toernooi en het R2 000 gewen.

Die hokkiespanne het hulle gate uit geniet in Kaapstad op die Fairmont Easter Hockey Tournament, maar ongelukkig toer net die eerste seunshokkiespan en eerste meisieshokkiespan. Hulle was van 4 tot 9 April op toer.

Zani van Lill (gr. 11) is die kaptein van die meisies se hokkie-eerstespan en Lumé Lambert (gr. 11) is onderkaptein. Hulle het sewe wedstryde gespeel, waarvan hulle een gewen het, twee gelykop gespeel het en vier verloor het. Die kaptein van die seuns se hokkie-eerstespan, Petrus Theron in graad 11, sê dat hulle sewe wedstryde gespeel het en ongelukkig net twee daarvan gewen het.

Ons eerste rugbyspan het skoonskip gemaak deur aldrie hul wedstryde, teen Hoërskool Brandwag, Hoërskool Voortrekker Bethlehem en Hoërskool Diamantveld te wen. Hul kaptein hierdie jaar is Franco Opperman in graad 12 en hulle is gereed vir hierdie jaar se rugbyseisoen! Die o/14- en o/15-rugbyseuns wat in George deelgeneem het, het die eerstespan gaan verras deur hulle te ondersteun in hul wedstryd teen Hoërskool Voortrekker Bethlehem.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!