Windhoek Hoërskool dae voor 100-tal
Atletiek
Die vieringe van Windhoek Hoërskool se 100ste bestaansjaar beloof 'n fees van die eerste waters, met die atletiek huiskompetisie komende Vrydag en Saterdag 'n groot hoogtepunt.
'n Spesiale eregas by die skool se 75ste interhuisbyeenkoms is tannie Ans Botha, wat Wayde van Niekerk afgerig het toe die Suid-Afrikaanse naelloper verlede jaar 'n sensasionele wêreldrekord op pad na 'n Olimpiese goue medalje gehardloop het.
Plaaslike is tannie Ans ook geen onbekende nie en het van die bekendste naellopers in WHS se geskiedenis soos Gerhard Barnard (voormalige Springbok) en Igna Botha afgerig. Sy het ook self vir jare in Windhoek gewoon voordat sy na die buurland verhuis het.
Een van die skool se huidige jong talente, Ivan-Danny Geldenhuys, wat deur Malan Kruger afgerig word, het juis einde verlede jaar 'n tyd in Bloemfontein bestee om by tannie Ans en Wayde se oefengroep aan te sluit.
Tannie Ans land Donderdag om 14:15 en 'n klompie WHS-atlete is reeds vuur en vlam om haar by die lughawe in te wag.
Die interhuis tussen Kanniedood, Wag-'n-Bietjie en Swarthaak (onderskeidelik met die temas Gister, Vandag en Môre) begin Vrydag om 15:00 by die Vegkop-stadion. Die grootste deel van die program is uiteraard Saterdag vanaf 06:30 se optog.
Ander geleenthede op die 100-jarige feesprogram:
SONDAG 5 FEBRUARIE
Verjaarsdag erediens in die WHS Grootsaal vir ouers en oudskoliere, gelei deur ds. André Olivier (hoofseun in 1972 en tans moderator van die NG Kerk). Windhoek Hoërskool is op 5 Februarie 1917 tot stand gebring.
MAANDAG 6 FEBRUARIE
Amptelike opening van die feesjaar vir WHS-personeel en leerlinge in die Grootsaal. Die genooide spreker is mnr. G. Vries, die direkteur van die Khomas-onderwysstreek.
Later die dag is die opening van die feesjaar vir ouers en oudskoliere om 17:00 in die Grootsaal. Die gasspreker is minister Katrina Hanse-Himarwa van onderwys, kuns en kultuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie