Windhoek in wedstryd teen tyd

As die huidige raad 'n verskil wil maak, moet hy dadelik sy sokkies optrek, sê die burgemeester.
Denver Kisting
Denver Kisting



Windhoek se burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, sê raadslede moet vinniger belangrike besluite neem as hulle nog tydens hul ampstermyn 'n verskil wil maak.

Hulle is tans in 'n wedstryd teen tyd gewikkel omdat hulle nog net twee jaar van hul vyfjaartermyn oor het, sê Kazapua.



'moet pogings verskerp'

Hy het Donderdagaand tydens die eerste stadsraadsvergadering vir 2019 gesê raadslede moet hul pogings verskerp “om 'n volhoubare omgewing te skep in 'n tydperk waartydens 'n gebrek aan behuising, basiese dienste in die informele nedersettings, werkloosheid, hongerte, armoede en talle ander maatskaplike euwels aanhou om ons strewe na maatskaplike vordering en welvaart te ontspoor”.

Kazapua het voorts by die ­bestuurskomitee gepleit om die ­afhandeling van die 2019-'20-begroting te bespoedig.

“Dit is nodig om genoeg tyd te hê vir beraadslaging met ons inwoners en ander belanghebbendes, soos die Khomas­streeksraad.”

Hy sê deur na inwoners en belanghebbes se insette te luister wat die kapitale begroting betref, sal die stadsraad toesien dat ontwikkelingsbehoeftes nie oorgesien word nie. “Met ander woorde, ons moet saam met ons inwoners beplan in plaas daarvan om vir hulle te beplan.”



Maan teen grondrowery

Kazapua sê sy kantoor kan nie tred hou met klagtes oor beweerde groot­skaalse grondrowery aan die buite­wyke van die stad nie.

Hoewel behuisingnood landwyd 'n probleem is, het die raad 'n plig om te verseker stedelike ontwikkeling geskied ordelik, sê hy.

Hy sê die behuisingsagterstand kan nie in een dag uitgewis word nie.

Die burgemeester het 'n beroep gedoen op die Namibiese polisie en die stadspolisie om nie te wag totdat onwettige strukture opgerig is voordat hulle optree nie en eerder dié gedrag te probeer verhoed.

Intussen het mnr. Ignatius Semba en me. Brunhilde Corne­lius ­Donderdagaand uitgeloop toe die skorsing van mnr. Abraham Kanime, die hoof van die stadspolisie, agter toe deure ter sprake gekom het.

Dié twee raadslede, onderskeidelik van die Popular Democratic ­Movement (PDM) en die Rally for Democracy and Progress (RDP), is ontevrede omdat daar geen plan is om die skorsings van alle amptenare op te hef en die klagtes teen almal te laat vaar nie.

Dít kom nadat pres. Hage Geingob vroeër vanjaar 'n storm ontketen het toe hy beveel het Kanime moet onmiddellik heraangestel en die klagtes teen hom laat vaar word. Die president het ook versoek dat die klagtes teen die uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, geskrap word. Daar is nog nie aan Geingob se versoeke voldoen nie. Semba het by navraag gesê dit is onaanvaarbaar dat alle werknemers van die Windhoekse stadsraad (CoW) nie oor dieselfde kam geskeer word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!