Windhoek Jazzfees kom
Augetto Graig - Die tyd vir musiek in die ope lug is amper hier ná die jaarlikse Windhoek Jazzfees Vrydag amptelik bekend gestel is. Dit sal op 5 November by die Dr. Hage Geingob-stadion plaasvind.
Vanjaar sal Duitse jazzkunstenaars Roman en Julian Wasserfür op die verhoog wees, asoook Suid-Afrikaanse kunstenaars Nathi Makanyi en die paartjie Caiphus Semenya en Letta Mbulu. Plaaslike kunstenaars is Big Beg, Chikune, Suzy Eises, die Swingers Band en die FuJazz All Stars.
Mnr. Josua Amakugo, die hoofstad se munisipale woordvoerder, het gesê jazzmusiek groei in Namibië: “Die belangstelling van die publiek as dit kom by die Jazzfees getuig daartoe,” het hy gesê.
Volgens hom bevesitg die aanbied van die fees in Windhoek die hoofstad se status as ''n lewendige, opwindende stad en toptoeristebestemming.
Die borge vir vanjaar is Windhoek Lager, Standard Bank, Jameson Whiskey, Air Namibia, Adforce, 99FM en Avani Hotel. Hoofborg Windhoek Lager se Carmen Bridges het gesê Namibië Brouerye is trots om die geleentheid te ondersteun. Sy belowe dit is ''n skouspel om na uit te sien en gesê Windhoek Lager is die perfekte vernoot om dit spesiaal te maak. Windhoek Lager is sedert 2013 ''n hoofborg van die fees. Bridges het jazzliefhebbers aangemoedig om hul Facebookblad te besoek en deel te neem aan die kompetisie om BBP-kaartjies na die fees te wen. Sy versoek ook dat jazz-entoesiaste nie die aand moet drink en bestuur nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie