Windhoek kanselleer glo hordes tenders
Die stadsraad het volgens die jongste Tender Bulletin 'n derde van alle 2018-tenders herroep.
Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het die afgelope 15 maande ’n derde van sy geadverteerde tenders herroep.
Luidens die jongste Tender Bulletin is dié stap onder meer genoodsaak deur ongerymdhede, ’n gebrek aan belangstelling, verstreke sperdatums en onderbrekings in evalueringsprosesse.
Tussen Januarie en Mei vanjaar het CoW 37 tenders herroep, lui die bulletin.
Volgens dié publikasie het 36 van die tenders uit 2018 gedateer.
Dit bring die aantal 2018-tenders wat gekanselleer is op 60 te staan uit ’n totaal van 197, lui die dokument.
Van die tenders is 15 weens ongerymdhede herroep terwyl 14 gekanselleer is omdat hul tydperk verstryk het.
Die gekanselleerde tenders hou onder meer verband met die lewering van goedere en konsultasiedienste.
CoW verskil van Tender Bulletin
Mnr. Harold Akwenye, CoW-woordvoerder, het gister by navraag gesê die inligting vervat in die tenderpublikasie is net gedeetelik waar.
Hy het onderneem om met hul finansiesafdeling te beraadslaag en terugvoering oor die volledige prentjie te verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie