Windhoek kry 'n 'nuwe' inrykafee
Yolanda Nel – Die inperkingmaatreëls het ‘n geweldige impak op veral restaurante en koffiehuise met die dat kliënte nie aansit-etes kan geniet nie, maar een restaurant het dié probleem met vlieënde vaandels oorbrug.
By die bekende Joe’s Beerhouse kan jy steeds jou ete geniet, op hulle perseel, in die gemak van jou motor. Ja, ‘n yskoue goue en ‘n heerlike “schnitzel” is jou beskore, soos net Joe’s kan. Volgens die eienaar, me. Carol-Jean Rechter, is die inrykafee-konsep beslis niks nuut nie, maar dit trek kliënte. “Ons moet maniere vind om ons kliënte te trek. Hoe anders gaan ons kop bo water hou,” vra sy.
Volgens haar doen meeste restaurante aflewerings en wegneemetes en dan ding jy met die massas mee. “Hierdie was net ‘n manier om te verseker dat veral toeriste wat tans in die land kuier, so bietjie van Joe’s kan beleef,” sê Rechter. Diè restaurant is ‘n groot toeristeaantreklikheid en sy moes vroeër noodgedwonge mense weens Covid-regulasies wegwys. “Dit is sleg vir toeriste wat op die oomblik hier vakansie hou. Hulle mag nou wel vrylik rondbeweeg met die nodige permitte, maar hulle kan by geen restaurant gaan eet of ‘n koppie koffie iewers geniet nie. En as die gastehuis net ontbyt bedien, gaan jy net op wegneemetes kan staatmaak.”
Vir haar is dit lekker om te sien plaaslike inwoners maak ook gebruik van die nuwe idee. “Dit is ‘n manier om uit die huis te kom en steeds gehoor aan die maatreëls te gee.”
Rechter sê hulle is versigtig optimisties oor wat vir later die jaar voorlê. Joe’s Beerhouse vier in November vanjaar hul 30ste bestaansjaar en dan moet daar mos makietie gehou word. “Ons wag in spanning om uit te vind hoe ons hierdie groot mylpaal kan vier,” vertel sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie