Windhoek Lager help renosters

Namibia Breweries Limited se tophandelsmerk het 'n veldtog in die Verenigde Koninkryk van stapel gestuur.
Namibia Breweries Limited (NBL) se tophandelsmerk, Windhoek Lager, het sy vlerke na die internasionale arena in die stryd teen renosterstropery gesprei.

Windhoek Lager het 'n veldtog in vennootskap met die Red die Renosterfonds Internasionaal in die Verenigde Koningkryk (VK) vroeër vanjaar van stapel gestuur.

“Die Windhoek Lager-handelsmerk het oor die afgelope jare groot gewildheid in die Verenigde Koninkryk verwerf en ons het met 'n bewusmakingsveldtog met 'n reeks van geldinsamelingsgeleenthede en aktwiteite by winkels begin,” het NBL se bestuurder vir uitvoermarkte, mnr. Antonio Simoes, in 'n mediaverklaring van die O&L-maatskappygroep gesê.

“Dit is wonderlik dat ons Red die Renosterfonds Internasionaal kan ondersteun.”

Windhoek Lager is sedert 2010 in die Verenigde Koninkryk beskikbaar.

“Dit is fantasties om die Red die Renosterfonds Internasionaal te ondersteun in hul stryd om renosters te bewaar,” het Windhoek Lager se invoerder na die VK, Morgenrot, se verkoopsbestuurder, mnr. Graham Archibald, gesê.

Windhoek Lager en NBL is ondersteuners van die plaaslike veldtog teen renosterstropery.

Dit sluit in NBL se steun en borg­skap van die veldtog Blow the horn on rhino poaching, wat in 2016 deur die ministerie van die omgewing en toerisme, die Namibiese polisie, Intelligence Support Against Poaching (Isap) en NBL van stapel gestuur is.

NBL het N$1 miljoen as beloning beskikbaar gestel wat in vier bedrae van N$250 000 per beloning ingedeel is vir wenke wat tot suksesvolle skuldigbevindings van renosterstropers kan lei.

Windhoek Lager borg ook sedert 2017 een van Isap se vliegtuie, 'n Piper Super Cub, vir die gebruik van sy werksaamhede om wildstropery in Namibië te bekamp.

Die maatskappy voorsien ook 'n jaarlikse borgskap van N$100 000 aan Isap.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!