Windhoek Motorklub vereer sy jaers
Motorsport
Tielman van Lill
Windhoek Motorklub (WMK) het laas Saterdagaand sy prysuitdeling by die Tony Rust renbaan buite die hoofstad gehou, waar altesame 52 motorsportentoesiaste vir hul liefde vir die sport vereer was.
Nie net is langbaanjaers in verskillende klasse vir hul moeite en opoffering vereer nie, maar ook verskeie renstel- en tydrenklasse. Die navigators het ook pryse ontvang.
Mnr. Danny Tjongarero, president van die Namibiese Motorsportfederasie (NMF), het 'n kort boodskap gelewer waarin hy sy tevredenheid met WMK se bedrywighede uitgespreek het.
“Baie geluk aan almal wat vanaand pryse ontvang. As ek so na die getal trofeë kyk, moes dit 'n goeie jaar vir die deelnemers gewees het. Ek is seker daarvan dat dit genoeg bloed, sweet en trane gekos het om te bereik en dat dit welverdiend is.
“Dit is vir my 'n voorreg om op uitnodiging hier te wees en ek wil WMK gelukwens met wat hulle bereik het en ook al die ander klubs bedank wat insette gelewer en die NMF ondersteun het. Die nuwe jaar het goed afgeskop en ek is seker 2017 sal weereens 'n goeie jaar vir motorsport wees,” het Tjongarero gesê.
RENSTELLE
Maxterino: 1. Christiaan Liebenberg jr., 2. Lo-André Bruwer, 3. Guido Bidoli.
Junior Max: 1. Matthew Strydom, 2. Richard Slamet (jnr), 3. Leaan Nasilowski.
Senior Max: 1. Ivan Vorster, 2. Athi Mankonkwana, 3. Michel Rust.
LANGBAAN
Klubmans Klas A: 1. Mark Sternagel (93 punte), 2. Allan Martin (33), Christiaan Liebenberg sr. (20).
Klubmans Klas B: Michel Rust (66), 2. Zachary Martin (33), Mark Sternagel (12).
Klubmans Klas C: 1. Michael van Zyl (105), 2. Robbie Reschke (71), 3. Clive Strydom (29).
Klubmans Klas D: 1. Jaco Nel (142), 2. Wiets Coetzee (45), 3. Michael Strydom (27).
Klubmans Klas E: 1. André Havenga (87), 2. Chané Havenga (56), 3. Leon Bruwer (33).
Formula Vee: 1. Athi Mankonkwana (93), 2. Johannes Visser (88), 3. Adriaan Nel (33).
TYDRENNE (bestuurders)
Klas S1: 1. Peer Rohm, 2. Roland Himmel, 3. Hanré Myburgh.
Klas S2: Etienne van den Heever.
Klas S3: 1. Jaco Redelinghuys, 2. Richard Slamet.
Klas S4: 1. Willem Hugo, 2. Stefan Labuschagne, 3. Bertie Smith.
Algehele wenners: 1. Jaco Redelinghuys, 2. Etienne van den Heever, 2. Richard Slamet.
NAVIGATORS
Klas S1: 1. Eugene Marais, 2. Juan Erlank, 3. Geon Ellis.
Klas S2: Willy van Wyk.
Klas S3: 1. Wiets Coetzee, 2. Dries Booysen, 3. Cecil Koorts.
Klas S4: 1. Mandi Hugo, 2. Christiaan Labuschagne, 3. Cecil Koorts.
Algehele wenners: 1. Willy van Wyk, 2. Dries Booysen, 3. Eugene Marais.
Richard Slamet, voorsitter van die Windhoek Motorklub, het opnuut sy dank teenoor die klub se borge uitgespreek wat dit moontlik gemaak het om die Tara Tydren suksesvol aan te bied en wat motorsport in die geheel ondersteun.
Belangstellendes kan WMK se Facebook-blad besoek waar gereeld inligting oor byeenkomste en versnelrenne geplaas word.
Vanaand is dit weer tyd vir die manne by Tony Rust om te kyk wie die vinnigste kan versnel. Almal is welkom om die geleentheid by te woon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie