Windhoek munisipaliteit se boekhouding beroerd
Ronelle Rademeyer - Die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, sê daar bestaan wesentlike onsekerheid oor Windhoek munisipaliteit se solvensie in die toekoms.
Hy wys in die ouditeursverslag vir die finansiële jare geëindig op 30 Junie 2019 en 30 Junie 2020 daarop dat die huidige laste van meer as N$2,3 miljard (2019: meer as N$2,4 miljard), die huidige bates van sowat N$1,1 miljard (2019: sowat N$1 miljard) met N$1,3 miljard oorskry.
Kandjeke weerhou in die verslag ‘n ouditmening en verduidelik waarom ’n vrywaring nodig is. Dit beteken in geoktrooieerde rekenmeesterstaal hy kan nie met sekerheid sê die finansiële state van die hoofstad se munisipaliteit is vry is van wesentlike wanvoorstellings nie.
Een van die kwessies in die vrywaring is die feit dat die munisipaliteit nie die klomp eissake teen hom wat tot verliese van meer as N$124 miljoen kan lei, in die finansiële state openbaar het nie.
Hy wys ook op verskeie ander foute in die finansiële boekhouding van die munisipaliteit.
Die ouditeursverslag, wat vandeesweek in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê, is vroeër vandag aan die media beskikbaar gestel.
Foto: Argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie