Windhoek se beursie leeg
Die Namibiese hoofstad se plan om ’n slim omgee-stad te word, kom hom duur te staan.
Denver Kisting – Die verlies van die Windhoekse stadsraad (CoW) vir sy 2018-boekjaar is ’n kortkop duskant ’n miljard – meer as N$814,4 miljoen.
Dié bedrag is bykans N$300 000 meer as die vorige finansiële jaar se verlies van N$565,6 miljoen.
Dít kom nadat Windhoek se uitgawes vir die boekjaar geëindig 30 Junie 2018 ongeveer N$4,7 miljard was teenoor sy inkomste van meer as N$3,8 miljard.
Een van die vernaamste uitgawes is “personeelverwante koste” wat die stadsraad in daardie jaar meer as N$1,3 miljard uit die sak gejaag het.
Vir die ooreenstemmende tydperk van 2017 het dié uitgawe bykans N$1,2 miljard beloop.
Dié inligting is vervat in die heel eerste raadsvorderingsverslag wat onlangs vrygestel is.
Mnr. Jerome Davis, in daardie stadium die strategiese hoof van finansies en kliëntediens, sê die finansiëlestrategieplanne wat oor die jare ontwikkel is, het nog nie gestalte gevind nie hangende die voorbereiding van ’n akkurate kontantvloei-oefening.
Hy sê die stad moet harder werk om ’n kultuur van dissipline, die opskerp van bestaande personeel se vaardighede en hul betrokkenheid by die huidige stand van die stad se finansies te vestig.
‘NIE KOMMERSIEEL LEWENSVATBAAR’
Volgens hom is CoW midde-in dié troebel water “vanweë besluite wat geneem is wat nie noodwendig kommersieel lewensvatbaar en in die beste belang van die stad se finansies was nie”.
Hy sê dit sluit openbare-private vennootskkape (PPP’s) in wat die stad se vermoë om sy hoofbron van inkomste – inkomste uit grondverkope – ten volle te benut, ingeperk het.
Hy waarsku die stad se kontantvloeikopsere kan net met vindingrykheid, samewerking en politieke wil die hoof gebied word.
Davies sê die stad se kontantvloeibestuurpogings moet meer vaartbelyn gemaak word en die voorbereiding van geloofwaardige finansiële state moet ’n prioriteit bly sodat CoW geld vir kapitale projekte kan bekom.
Op sy beurt sê mnr. Robert Kahimise, die uitvoerende hoof, die stadsraad verbind hom tot die vermindering van sy skuld.
Hiernaas, sê hy, ’n volhoubare befondsingsmodel en langtermyn- finansiële plan is glo op die tafel.
Hulle prioritiseer ook planne om kapitale projekte gefinansier te kry, sê hy.
Kahimise sê ondanks geweldige finansiële en menslikehulpbronne-uitdagings het die stad redelik gevaar in die tydperk onder oorsig.
Van die hoogtepunte sluit die omskakeling van 500 gewone kragmeters na vooruitbetaalde meters vir pensioenarisse in.
Openbare vergaderings is op dreef en sal na verwagting vermeerder word van 26 tot 33 per jaar.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie