Windhoek se dae van gratis water getel

Die hoofstad kan nie veel langer die gebrek aan optrede bekostig wat die pandemie op hom afgedwing het nie.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die nuwe burgemeester me. Sade Gawanas het die kwessie van die koste van die water en die misbruik daarvan op sosiale media uitgelig toe sy Dinsdag op Twitter ’n video van ’n man wat sy kar met ’n tuinslang by ’n kommunale kraan was, gedeel het.
“Liewe inwoners,” skryf sy, “dis nou waarmee ons te kampe het. Ons het die opdrag van die sentrale regering gekry om ons krane oop te hou en gratis water te voorsien weens die pandemie. (Inwoners se uitstaande) skuld staan op sowat N$90 miljoen en daar is geen verpligting om te betaal nie? Maak ons die water toe?” wou sy weet.
Volgens die burgemeester het die stadsraad reeds op die laaste vergadering van 2021 besluit om voor einde Februarie in te gryp.
“Volgens die munisipale raad van Windhoek se notule van 2021/11/30, resolusie 240/11/2021, is besluit om die voorsiening van kostelose water in informele nedersettings soos vervat in die ministerie se opdrag, te staak aangesien dit ’n ernstige finansiële las veroorsaak,” het sy later bygevoeg.
By navraag het sy bevestig die resolusie is vir uitvoering teen einde Februarie.
Stad Windhoek se hoofwoordvoerder, mnr. Harold Akwenye, sê sedert die opdrag deur minister Erastus Uutoni van stedelike en landelike ontwikkeling in April 2020 gegee is dat water kosteloos aan kwesbare stedelike gemeenskappe voorsien moet word, het die sentrale regering net vir die eerste drie maande se verbruik sowat N$12 miljoen betaal.
Akwenye sê die uitstaande skuldbedrag klim steeds en kan teen Februarie tot N$100 miljoen aangroei.
Hy sê die stadsraadslede sal met die ministerie praat oor ’n moontlike oplossing. Amptelik is daar reeds aan die ministerie geskryf, maar geen terugvoering is tot dusver ontvang nie, sê hy.
Bronne in die munisipaliteit, wat anoniem wil bly, sê dit word oorweeg om die skuld direk van die ministerie te verhaal. Ministeriële kantore in die hoofstad sal afgesny word totdat die skuld gedelg is.
Daar was verskeie reaksies op Gawanas se uitlating op sosiale media, met die kommentaar wat oorwegend teen die afsny van toegang tot water gekant was. Water is ’n mensereg, hou sommige mense vol, terwyl ander meen verbruikers moet bloot soos almal hul betaalverpligtinge nakom, en nog ander sê die regering moet die skuld delg.
Teen Julie verlede jaar het die hoofstad weekliks sowat 32 000 liter per week water kosteloos aan sy informele nedersettings verskaf.
Akwenye kon nie onmiddellik aandui of die gratis waterverbruik intussen toegeneem het nie. Talle kommentare op die burgemeester se stellings wys daarop misbruik en vermorsing is altyd die gevolge wanneer iets verniet beskikbaar gestel word.
Akwenye sê die munisipaliteit tref voorbereiding om dalk reeds teen volgende week met ’n hernude veldtog van bewusmaking en aanmoediging vir die besparing van water te begin.
[email protected]

FOTO’s Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-09-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce | Atalanta 2 vs 3 Como European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A