Windhoek se geliefde ‘Juffrou Hugo’ sterf
Ronelle Rademeyer - Windhoekers se geliefde Juffrou Hugo (me. Maretha Hugo), stigter van die Khomasdal Jeugsaal se biblioteek en 'n vrou wat tot haar aftrede op 85-jarige ouderdom ’n liefde vir lees by honderde kinders in Windhoek gekweek het, is op 1 September oorlede. Sy was 88 jaar oud.
Hugo het ná ’n loopbaan van 43 jaar eers drie jaar gelede op die ouderdom van 85 jaar afgetree. Dit was nadat sy 18 jaar lank die bibliotekaresse van die Suiderhof Laerskool se biblioteek was.
Sy was die weduwee van ds. George Hugo, wat vir 30 jaar (1962 tot 1992) predikant van die NG sendinggemeente in Khomasdal was.
“My ma het diep spore getrap in die Khomasdal-gemeenskap en sal veral onthou word vir die Khomasdal Jeugsaal-biblioteek wat sy in 1974 tot stand gebring en vir 16 jaar bedryf het. Met honderde biblioteeklede, onder wie nie net grootmense nie maar ook talle kinders, het sy met haar passie en geesdrif ’n groot rol gespeel om by ’n hele geslag ’n liefde vir lees te ontwikkel,” sê haar seun, die Afrikaanse digter Pieter Hugo wat in Kaapstad woon. Sy ouer broer is die digter en vertaler, Daniel Hugo. Hy woon op Prins Albert in die Klein-Karoo.
Hugo laat benewens vir Daniel en Pieter, ook vir Yvonne, Willem, Karen, Margaretha en Helouïse, asook 13 kleinkinders en agt agterkleinkinders agter.
“Behalwe vir die biblioteek, was die Khomasdal Jeugsaal elke middag ook ’n miernes van aktiwiteite wat honderde kinders van die strate af gehou het. Noem maar op en dit was daar – van balletklasse met ’n saal vol spieëls en handreëlings en balleteksamens, gimnastiek met al die nodige apparaat, trimgim, vlugbal, skaak, selfverdedigingsklasse, pluimbal, spaarklubs en talle kampe en staptopte,” vertel Pieter.
“In daardie jare van apartheid was dit die enigste biblioteek wat beskikbaar was vir die Khomasdal-gemeenskap, en die enigste plek waar kinders aktiwiteite en buitemuurse klasse kon bywoon. Die jeugsaal het almal verwelkom, ongeag geloof, taal, ras of kleur.”
Hy sê sy ma het “op haar stil manier en sonder enige protesoptogte en versoekskrifte, ’n groot bydrae gelewer om gelyke regte en kwaliteit lewe te kry vir talle mense onder apartheid se grendel”.
“Ons eie Juffrou Hugo. . . sy was ‘n besonderse vrou wat ‘n groot rol in baie se lewe gespeel het,” was Jeugsaalkind me. Amanda Maletzky se reaksie op haar heengaan op 1 September.
“Sy het so baie vir al die Jeugsaalkinders beteken. Sy het regtig ons almal se harte aangeraak,” het sy gesê.
Na haar aftrede by die Jeugsaal, het Hugo vir ses jaar by die Windhoek Openbare Biblioteek gewerk voordat sy haar by die skoolbiblioteek van die Suiderhof Laerskool, waar sy uiteindelik aftree.
Sy het die afgelope drie jaar in die Auas Hills-versorgingsoord in Windhoek gewoon.
Aangesien ‘n normale gedenkdiens onder die huidige Covid-19-bedeling nie moontlik was nie, is ‘n aanlyn lewensviering Saterdag gehou. Mense wat graag na die opname van hierdie Microsoft Teams-viering wil kyk, na ‘n e-pos stuur na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie