Windhoek se kospiramide
Enkellopend. Is dit nou vir jou 'n storie!
Nee kyk, dinge kan geweldig intens raak as 'n mens enkellopend is. Ek praat nie hier van verloofringe, konfettie, dubbelmotorhuise, roetines en aannemings nie. Ek verwys na eet. En alles wat daarmee saam gaan.
Eet is 'n item op my daaglikse agenda wat telkemale, eintlik met elke hongersnood, vir my 'n nekkramp veroorsaak. Ek sê altyd as jy iemand wil uitdaag, vra hom om elke aand vir twee jaar lank vir een persoon te kook.
Binne 'n week sal jy nooit weer van die persoon of sy voorstelle hoor nie. Kom ek verduidelik kortliks wat ek hiermee bedoel.
Ek is mal oor kos. Op grond van my voorkoms behoort hierdie stelling nie 'n verrassing te wees nie. My wange druk teen my onderste ooglede vas as ek lag en gevolglik kan ek nie voor my sien nie.
My een vriend het al voorgestel dat ek my rug op mense draai wanneer ek giggel. “Dit sal jou kanse op 'n verhouding ietwat verbeter. Jy lyk soos 'n blaasoppie wat nie heeltemal opgeblaas is nie wanneer jy lag.”
Dan sê ek hy moet rustig raak en vir my die Butro aangee.
Wat my die meeste ontstel van vir myself kook, is dat die skottelgoed ewe veel is as wanneer jy vir 'n koshuis kook. Ek hou nie daarvan om skottelgoed te was nie. Al kook jy nou vir vier mense of 'n halwe een, die wasbak bly vol.
Verder word die meeste kruideniersware vir gesinne van drie of meer verpak. Jy kan nie een hoenderborsie koop nie. Steak-porsies is vir verlowingspartytjies of dopings geskik. Nie vir iemand wat net gou vinnig ietsie bymekaar wil gooi nie.
Intussen het my benadering tot etes vir een, verander na 'n tafel vir een. En nee, ek het nie miljoene nie. Glo dit of nie, maar vir my om iewers na werk gou iets te sit en pik, werk goedkoper uit as om skottelgoed in my wasbak by die huis te laat ophoop.
Ek was al by die meerderheid van Windhoek se restaurante en elkeen het iets lekkers op die spyskaart. Nie noodwendig so gesond soos wat dit kan wees nie, maar ek beplan my roete weekliks so dat ten minste die helfte van die stad se kospiramide teen Vrydag deur my dikderm was.
Maandae doen ek 'n slaai. Dinsdae mag ek oliekos kry weens druk by die werk. Woensdae mik ek vir die midweek specials. Donderdae vat ek dinge rustig met 'n ciabatta. Vrydae braai die hele Namibië, dan slaan ek 'n stuk depressie en eet nie. Saterdae kap ek 'n Chinese-iets en Sondae eet ek iewers waar plakkies nie welkom is nie.
Buiten my gesondheid wat 'n knou vat, werk die program tot dusver seepglad.
Vroeg verlede week het ek 'n rubberslang in my breinbos gegooi. Donderdag se ciabatta verander toe na 'n pizza, maar nie enige pizza nie. 'n Custom made-pizza. Hy het blykbaar my naam op gehad.
Sewe blokke van waar ek woon (ek het dit al getel), is 'n klein pizzawinkeltjie weggesteek in 'n nou, donker hoek. Ek geniet mos dinge wat anders is.
Met die intrapslag sien ek die plekkie moet gewild wees, want almal wat daar werk lyk of hulle deelneem aan 'n tuinboukompetisie, so besig is hulle. Nat gesweet en uitasem.
Ek loop tot by die toonbank. 'n Man met 'n bokkiebaard en kleinoogtande druk die menu onder my neus is.
“Waarvan hou jy," vra Tandjies.
“Franse parfuum, BMW's, koffie en skryf,” antwoord ek.
“Maar dan het ons niks vir jou op ons spyskaart nie,” bieg Tandjies, “maar jy lyk vir my soos iemand wat van 'n vleiserigheid hou,”
“Positief,” sê ek.
“Maalvleis, feta, olywe en uie, maar 'n sampioen sit jou mos af,” verras Tandjies my.
Ek wou toe weet hoekom ons nie vriende is nie.
“Tien minute,” antwoord hy.
Ek betaal en wag my beurt af. 'n Wyle later is my Donderdagsonde reg en ek jaag die sewe blokke terug huis toe. Tuis maak ek die boks oop en voor my pronk 'n heerlikheid wat vir niks skrik nie. My mond kwyl soos 'n kwaai hond s'n, want ek weet niemand hoef skottelgoed te was nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie