Windhoek se nuwe tariewe
Dani Booysen - Uit verskeie oorde word skerp gereageer op die tariefverhogings wat die munisipaliteit van die hoofstad verlede week afgekondig het.
Ook ander plaaslike owerhede kondig dikwels strawwe tariefverhogings aan.
Nie net inwoners van die hoofstad nie, maar die breë publiek wonder of huidige ekonomiese omstandighede in ag geneem is.
In Mei was inflasie op munisipale dienste 7,2%. Die verhogings van 7% in die kleinmaatwaterprys en 8% vir riooldienste lyk in pas hiermee, maar 15% meer vir vullisverwydering is twee maal inflasie. Inflasie op paramediese dienste is 6,6% teenoor die stad se verhoging van 13% vir ambulansdienste.
Informele kleinsakelui uit die lae-inkomstegroep bly allermins gespaar, gemeet aan verhogings van tussen 10% en 80% in die koste van handelspasie en permitte. Dié gemeenskappe moet 'n stadsbestuur en –raad tot orde roep wat oënskynlik tred verloor het met hul daaglikse stryd om oorlewing.
Die registrasie van besighede kos 12% tot 25% meer.
Om slegte skuld van die boeke te kry, raak soms noodsaaklik. Daar is selfs argumente ten gunste van kruissubsidiëring van dienste, maar dan moet die hulp beperk wees en belastingbetalers moet presies weet hoeveel hulle tot so 'n maatskaplike projek bydra.
Die hoofstad sukkel al baie jare om sy geldsake reg te ruk. Uitermate groot verhogings is nie 'n kitsoplossing hiervoor nie.
Volhoubaarheid beteken dat mense vir die werklike koste van spesifieke dienste moet betaal, plus dalk ietsie ekstra, en nie ander uitgawes van die stad moet dra nie.
So sê ander
3 Julie 2018
Beeld en Die Burger sê
Nadat Patricia de Lille haar party verlede week in die hooggeregshof 'n bloedneus gegee het met die bevinding dat die beëindiging van haar DA-lidmaatskap ongeldig is, het dié party ernstige selfondersoek om te doen.
De Lille maak dit reeds duidelik dat sy wil hê enige tugverhoor moet in die openbaar geskied en die DA weier volstrek.
Intussen bly die vraagtekens hang oor presies wat die aard en omvang van die ongerymdhede in Kaapstad was.
Te midde van toenemende verkiesingsdruk gaan harde vrae in die DA gevra word. Dit kom boonop te midde van 'n fel interne debat oor wat die ideologiese rigting van die party moet wees, met die liberale kamp in stryd met 'n breedweg sosiaal-demokratiese kamp.
Na buite skep dit alles die indruk van 'n party wat nie naastenby gereed is om die stryd by die stembus te gaan voer nie.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie