Windhoek se verbypad vorder
Die Buiteklub het sy eie toegangspad gekry en voetgangers sal voortaan nie meer naby die verbypad kan kom nie.
Augetto Graig – Windhoek se westelike verbypad sal sy naam werklik gestand doen wanneer, na verwagting teen die middel 2022, hierdie roete motoriste tussen die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, Okahandja en Rehoboth, die hoofstad se drukste verkeer heeltemal sal laat vermy.
Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het Maandag verskeie dele van hierdie massaprojek besoek wat reeds etlike maande aan die gang is.
Die minister het sy toer by China Railway Seventh Group se terreinkantoor oorkant die Universiteit van Namibië se hoofkampus afgeskop.
Daar is hy deur onder andere mnr. Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaieowerheid (RA), China Railway Seventh Group se projekbestuurder mnr. Shuqaing Ma, en VKE Namibia Consulting Engineers se mnr. Jerobiam Dongwi verwelkom.
Dié perseel is by fase 1 van die massaprojek, wat om die grootste deel van die hoofstad draai en tussendeur Auasblick en Olympia, agter om Klein Windhoek, verkeer direk na die internasionale lughawe sal neem.
Volgens Dongwi is die vernaamste werk aan die nodige verkeerswisselaars reeds 85% voltooi en spesifiek aan die groot wisselaar in Mandume Ndemufayo is die werk reeds 35% voltooi. Hy verwag volledige voltooiing teen April 2021.
Teen 21 November vanjaar word reeds verwag dat die Robert Mugaberylaan-wisselaar oop sal maak.
“Ook die Prosperita-wisselaar word voltooi. Die kontrakteurs vorder goed om die pad te teer en om die verkeersvloei te beheer. Die laaste oppervlakke sal aan die Auasblick- kant gelê word en die brûe oor Frank Fredericksrylaan is ook amper voltooi,” sê Dongwi.
MIN VOETGANGERBRûE MOONTLIK
Later word beplan om die snelweg suidwaarts tot in Rehoboth te verleng, sê Lutombi. Volgens hom oorweeg die RA ook om die Sentrale Verkrygingsraad (CPB) te nader om die aansluitingspad vanaf die snelweg na Sam Nujomarylaan te finansier. Dit sal volg op afhandeling van die noukeurige ontwerp van die aansluitingspad en die kontrakteur se prys vir die werk, sê hy.
Die uitdaging om toegang tot die Windhoek Buitekluboord te herstel, is oorkom nadat die nuwe snelweg sy hoofingang afgesper het.
Vanaf die verkeerskruising by Arebbusch Lodge is ’n nuwe teerpad aangelê wat direk na die hotel en die gholfklub lei.
Dié teerpad vervang die vorige grondpaadjie wat tot by die buitekluboord se rolbalbaan gestrek het en bied nou die enigste toegang.
Dié 1,8 km stuk pad het sowat N$18 miljoen gekos, volgens Dongwi. Lutombi sê egter die algehele projek is steeds binne sy begroting en behoort teen Julie 2022 voltooi te wees.
Lutombi is trots daarop dat straatligte die hele lengte van die snelweg sal belig, en sê die pad sal deur omheinings afgesper word.
“Voetgangers sal nie toegelaat word om die snelweg oor te steek nie en taxi’s sal nie mense kan op- of aflaai nie. Voertuie sal slegs by die wisselaars kan omdraai. Ons doen nou die middelstroke,” sê Lutombi.
Dit is net op die wisselaars waar sypaadjies vir voetgangers voorsiening maak, sê hy, terwyl voetgangerbrûe oor die snelweg beperk word vanweë die private besit van bykans al die grond langs die massaprojek.
Volgens Lutombi moet elke aspek met die Windhoekmunisipaliteit gekoördineer word.
OKAHANDJA-PAD
Op besoek aan die gevorderde werk aan die pad uit Windhoek na Okahandja het Mutorwa die Omakunde-wisselaar en die Swakopmund-pad se brug gaan besigtig.
Daar het mnr. Schalk van Niekerk, projekbestuurder vir Otesa Civil Engineering, vorige uitdagings met watertekorte en skaars vaardighede uitgewys.
“Nou is die vaardighede daar. Ons het begin met meer as 40 buitelanders, maar nou het ons minder as 15. Namibiërs doen die werk en hulle lewer die produk, met goeie toesig van ons vennoot CMC,” sê hy.
Volgens Van Niekerk is die Italiaanse vennote in hul gesamentlike onderneming baie ondersteunend teenoor die oordrag van vaardighede, “wat goed vir ons is, en vir Namibië om te groei,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie