Windhoek se waternood gróót
Kategorie D van die munisipale waterbestuurplan behels die gebruik van die akwifer, wat nie volhoubaar is nie, en dat NamWater minder water aan Windhoek sal verskaf.
Elvira Hattingh - Windhoek beleef weer ’n ernstige watertekort.
As gevolg hiervan het die hoofstad se munisipaliteit (CoW) sy waterbestuurplan op 1 Mei amptelik van kategorie C, wat op ’n waterskaarste dui, na kategorie D verander – ‘n ernstige waterskaarste.
Dit beteken inwoners is verplig om van 1 Julie af minstens 15% water te spaar en huishoudings nie mag nie meer as 25 m³ per maand gebruik nie.
Terselfdertyd sal NamWater voorts net 35% van die hoofstad se water voorsien, terwyl die Windhoek-akwifer ingespan moet word om in sowat 39% van die stad se watervraag te voorsien – al is dit nie volhoubaar nie.
Die hoof van die Windhoekse stadsraad, mnr. Robert Kahimise, het gisteroggend ’n vooruitskouing van Windhoek se waterverskaffing tot in 2021 bekend gemaak, waartydens hy gesê het die munisipaliteit beoog om 26% water deur middel van die suiwering van rioolwater te herwin.
“NamWater het aangedui hy sal tydens 2019-’20 in slegs sowat 163 712 m³ (35%) van Windhoek se weeklikse vraag na water, wat 539 350 m³ behels, kan voorsien,” het Kahimise gesê.
Onder normale omstandighede voorsien NamWater tussen 70% en 75% van Windhoek se water.
SPAAR DIE AKWIFER
Kahimise het verduidelik dit beteken Windhoek se teiken is om nie meer as 465 000 m³ water per week te gebruik nie.
“Waterverbruik wat dié teiken oorskry, sal deur die akwifer voorsien moet word. Terselfdertyd sal enige waterbesparings die akwifer help bewaar,” het hy gesê.
“Dit is nodig om kennis daarvan te neem dat die akwifer nie onbepaald so uitgebuit kan word nie, daarom is dit belangrik dat waterverbruik streng binne die kwota moet bly,” het Kahimise gesê en gewaarsku straftariewe vir hoë waterverbruik in droogtetye bly steeds van krag.
Hy het gesê hy glo Windhoekers sal in omstandighede soos dié verstaan waarom die munisipaliteit die akwifer “jaloers” beskerm.
Hy het gesê die doel van die besparings is om te verhoed dat Windhoek homself in dieselfde bootjie as Kaapstad bevind, waar inwoners gerantsoeneer is en water daagliks by waterpunte uitgedeel is.
Hy het inwoners geloof dat vir hul besparing van gemiddeld 9% tydens die 2018-’19-reënseisoen, hoewel die teiken 10% was.
Hy het Windhoekers aangeraai om die munisipaliteit se jongste waterbestuurplan van hul webwerf af te laai vir inligting oor beperkings wat op 1 Julie in werking tree.
Dit volg ná die waterbestuurplan in Augustus verlede jaar van kategorie B na kategorie C geskuif is, en waterbesparings van 10% vereis is.
NamWater het toe besluit om Windhoek van 30 000 m³ water per dag te voorsien, terwyl die stad se teiken vir waterverbruik toe sowat 67 000 m³ per dag, of 471 000 m³ per week was.
Ná kategorie D volg kategorie E, wat aandui die stad beleef amptelik ’n waterkrisis en moet ‘n minimum van 20% water bespaar.
MUNISIPALE WATERLEKKASIES
Oor die munisipaliteit se skynbaar trae herstel van waterlekkasies het Kahimise gesê hulle moet ’n voorbeeld stel.
“Die munisipaliteit moet self ook waterslim raak. Ek moet dit van binne af dryf en daar is geen manier hoe ons dit kan vereis, maar nie self toepas nie.
“Ek dink ons grootste probleem is ons infrastruktuur is verouderd. Ons kan nie lieg nie, dit is nie behoorlik in stand gehou nie. Dit is hoekom ons sien hoe groot pype reggemaak word, maar dit help nie.”
Mnr. Sebastian Hüsselman, hoofingenieur van die munisipaliteit se afdeling wat die stad se grootmaat- en rioolwater bestuur, het bygevoeg daar is nie in die afgelope boekjaar vir die vervanging van pyplyne begroot nie, wat beteken die munisipaliteit is agter met hul instandhoudingskedule.
“Die ou asbespype se leeftyd is reeds verby en breek dikwels. Daar word wel beoog om dit vanjaar te vervang.”
Kahimise het ook gesê die munisipaliteit kan tans geen afslag aan inwoners weens waterlekkasies gee nie.
Hy het ook gesê halfgesuiwerde water, soos onder meer by die Grove-winkelsentrum, word vir bouprojekte en munisipale tuine aangewend.
Kahimise het gesê hulle kyk na die bou van ‘n nuwe Gammams-aanleg sodat meer rioolwater vir drinkwater gesuiwer kan word.
Hoewel dit baie duur en ingewikkeld is, sal dit Windhoek se afhanklikheid van NamWater laat afneem.
DAMVLAKKE
Tans staan die drie damme, wat die sentrale dele van die land, insluitende Windhoek, van water voorsien, op gemiddeld 19%, terwyl wateroorplasings voortdurend van die Swakoppoortdam asook die Omatakodam na die Von Bachdam gedoen word.
Op 27 Desember 2016 het die drie damme gemiddeld op 5,4% gestaan – die laagste in dekades.
Toe het die Von Bachdam net sowat 9,7% oorgehad, terwyl slegs 5,9% water in die Swakoppoortdam oor was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie