Windhoek-skole dalk in donkerte gehul
Denver Kisting – Indien die Windhoekse stadsraad (CoW) en die onderwysministerie nie gister tot ’n vergelyk kon kom nie, sou minstens tien skole se krag gesny word.
Volgens CoW skuld dié skole hom sowat N$55 miljoen.
Boonop is dié skole se watertoevoer ook vanweë beweerde wanbetaling in die gedrang.
Die ministerie het gistermiddag by monde van sy uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, gesê hy wil eers seker maak CoW se berekeninge is reg.
’n Vergadering is vir laat gister belê om die geskil te probeer besleg.
Mnr. Harold Akwenye, CoW se woordvoerder, het bevestig indien die ministerie nie opdok nie, sou die kragtoevoer by dié tien skole in die hoofstad ondanks die huidige eksamen opgeskort word.
Die geraakte skole is Laerskool Aus, die Gekombineerde Skool Tobias Hainyeko, Hoërskool Concordia, Hoërskool A. Shipena, Hoërskool Academia, Windhoek Hoërskool, Hoër Tegniese Skool, Laerskool Dagbreek en Laerskool Namibia.
Een bestuurslid het anoniem gesê dit is jammer die stadsraad moet sulke drastiese stappe doen, maar dit is dalk die enigste manier om skuldenaars te dwing om hul rekeninge betyds te vereffen.
In ’n brief in die koerant se besit sê mnr. Gerard Vries, die Khomasstreek se onderwysdirekteur, hulle wil CoW oor onder meer foutiewe berekeninge spreek.
Dié brief is aan mnr. Robert Kahimise, CoW se uitvoerende hoof, gerig.
Die direktoraat wou CoW-personeel gister spreek.
Steenkamp het gister oor die multimiljoenrekening gesê: “Die bedrag wat genoem word, moet nog bevestig word.”
Sy het benadruk dit is nooit hul bedoeling om rekeninge nie te betaal nie.
Maar, sê sy, daar is verskeie diensverskaffers wat moet betaal word, wat ’n ideale situasie – betaling direk ná ’n bevestigde rekening – bemoeilik.
Akwenye het gistermiddag teruggekap en gesê Vries is al weke gelede ingelig oor die plan om skole se dienste op te skort, “maar het nooit gekom om reëlings te tref nie”.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie