Windhoek Skou beleef uitdagings
Windhoek Skou beleef uitdagings

Windhoek Skou beleef uitdagings

Skoue oraloor die land word weens die Covid-19-pandemie beïnvloed.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die organiseerders van die Windhoek Skou is vasbeslote om te midde van die Covid-19-pandemie voort te gaan met vanjaar se skou. Beplanning is egter belemmer ná die lewendehaweafdeling onttrek het.

Die organiseerders het reeds besluit om vanjaar weg te doen met die vuurwerke en mallemeule. Net die nywerheidsafdeling sal voorgaan.

“Gesprekke duur tans voort met veral kleinsakeondernemings om nie ’n skou, maar eerder ’n tipe mark te hou nie,” het die Windhoek Skouvereniging (WSS) se uitvoerende hoof, mnr. Harald Schmidt, Woensdag aan Republikein gesê.

“Die situasie kan enige tyd verander en daarom is dit te vroeg om ’n aankondiging te maak. Ons sal tydens die eerste week in September vergader, ’n finale besluit neem en dan die aankondiging maak,” het Schmidt gesê.

Die skou sou aanvanklik vanaf 28 September tot 3 Oktober plaasvind.

Die organiseerders van Keetmanshoop se skou het bevestig dat dit vanjaar afgestel is. Gobabis en Grootfontein vergader nog oor die toekoms van hul onderskeie skoue. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer