Windhoek Skou fokus op landbou

Yandi Du Plessis
Terwyl Windhoekers verlede jaar nie die jaarlikse nywerheids- en landbouskou vroeg in Oktober kon bywoon nie – wel as alternatief ’n tweedaglange miniskou op 30 en 31 Oktober – vind die Windhoek Skou weer vanaf vandag tot Vrydag 1 Oktober plaas.

Die Windhoek Skouvereniging het vanjaar met die 061 Festival hande gevat om ’n groter skare te lok.
Die 061 Festival is ’n musiek- en kunstefees wat twee keer per jaar by die Windhoekse skougronde aangebied sal word.
Mnr. Harald Schmidt, visepresident en uitvoerende hoof van die skouvereniging, het gesê alhoewel daar nie baie besoekers verwag word nie, hoop hulle die 061 Festival sal ’n groter skare lok om vir ’n lae bywoningsyfer te vergoed. Laasgenoemde sal dus vir die musiek, kos en drank en vermaak sorg.
Volgens Schmidt is landbou – en uiteraard die lewendehaweafdeling – vanjaar die hooffokuspunt vir die skou, wat voortaan as die Windhoek Agricultural Show bekend sal staan.
Hy het bygevoeg hoewel die nywerheidskomponent nie by die geleentheid se naam ingesluit word nie, is uitstallings wat nié met die landboubedryf verband hou nie, steeds welkom om deel van die geleentheid te wees.
“Ons grootveekomitee (beeste) is deur hul kiesers (uitstallers/telers) en – by implikasie – die onderskeie beestelersverenigings opdrag gegee om hul deelname aan vanjaar se skou te bevestig.
’n Aantal opdragte is aan verskillende komiteelede toegewys. Hulle het onder meer ’n beroep op die kleinveekomitee gedoen om vas te stel of kleinveetelers (skape en bokke) ’n soortgelyke behoefte het om hul sektor by die geleentheid te verteenwoordig. Die reaksie was oorweldigend positief.
“Op grond hiervan het die Windhoek Skouvereniging besluit om hierdie aanvanklike momentum te gebruik as die fokus vir hierdie jaar se skou,” het Schmidt verduidelik.
Hulle vertrou dat inligting oor lande wat besluit om hul Covid- 19-maatreëls te verslap – in ooreenstemming met wêreldwye inentingsinisiatiewe – die weg sal baan om geleenthede vir groter groepe internasionaal, sowel as in Namibië, aan te bied.
“Ons vertrou die mense sal rasioneel en volgens die regulasies optree. Almal verstaan die werklikheid en erns van Covid- 19,” het die Windhoek Observer Schmidt verlede week aangehaal.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!