Windhoek Skou gaan voort
Keetmanshoop se skou is vanjaar afgestel, en dié van Grootfontein en Gobabis is steeds onseker.
Kristien Kruger
Die uitbreking van die Covid-19-pandemie het vele geleenthede van 2020 in die wiele gery, maar die Windhoek Skou gaan wel plaasvind.
Die organiseerders van die Windhoek Skou het vandeesweek tydens 'n vergadering finaal besluit dat dié geleentheid vanjaar sal realiseer. Dit is geskeduleer om vanaf 28 September tot 3 Oktober plaas te vind.
Volgens die onderskeie skou-organiseerders moet Gobabis en Grootfontein nog vergader oor die toekoms van hul skoue, maar die voorlopige datum vir albei is 23 tot 25 September. Keetmanshoop Skou is glo reeds weens die Covid-19-pandemie afgestel.
Die organiseerders van die Windhoek Skou het dit glo oorweeg om slegs die lewendehawe-afdeling van die skou aan te bied, maar het besluit om ook die nywerheidsafdeling in te sluit.
Die Windhoek Skouvereniging (WSS) se uitvoerende hoof, mnr. Harald Schmidt, het gister aan Republikein gesê dat hulle graag wil voortgaan ter wille van die klein, plaaslike ondernemings.
Volgens Schmidt is aanpassings egter gemaak om die samedromming van skougangers te vermy.
“Ons het weggedoen met die mallemeule, omdat die skoonmaak daarvan moeilik sou wees, asook aangesien hulle van Suid-Afrika moet kom en eers onder kwarantyn geplaas moet word,” het Schmidt gesê.
“Die vuurwerke sal ook nie plaasvind nie. Buiten dat ons dit nie kan bekostig nie, wil ons ook die samedromming vermy wat dit gewoonlik veroorsaak.”
Schmidt is ook van mening dat alhoewel die Covid-19-regulasies toegepas gaan word, die skou nie beperk tot 100 mense hoef te wees soos die huidige regulasies vereis nie.
“Die skougronde is groot en is hoofsaaklik in die buitelug. Die perseel is groter as Wernhill en die Grove saam en niemand bevraagteken die aantal mense wat in dié inkoopsentrums toegelaat word nie,” het hy gesê.
Windhoek Skou se grootvee-inskrywings sluit môre, maar Schmidt voorspel dat dit die laagste getal inskrywings van die afgelope 30 jaar gaan wees.
“Die 2018-droogte het 'n reuse-insinking in ons veegetalle veroorsaak en ek dink vanjaar sal moontlik die laagste ooit wees,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie