Windhoek Skou: Kampioene in beeld
Tanja Bause – Vanjaar het 29 telers met altesaam 249 beeste van agt rasse by die Windhoek Skou geskou.
Alhoewel dit heelwat minder as in 2019 was toe die skou die laaste keer aangebied is, het die kampioene nie teleurgestel nie.
Altesaam 27 slagosse het vir die slagoskompetisie ingeskryf.
In die kleinvee-afdeling is met 224 diere van 12 telers geskou. Dit sluit egter die 79 slaglammers uit wat vir die slaglamkompetisie ingeskryf het.
Volgens Dederick Jankowitz, voorsitter van die kleinvee-afdeling, is daar tydens 2019 se skou 500 diere en 77 slaglammers ingeskryf.
“Ons het geweet die skou sal baie klein wees, maar ons het besluit om dit te reël om die mense se gemoedere bietjie te lig en omdat ons kán skou. Ons vertrou dat dit volgende jaar beter sal gaan,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie