Windhoek-strate kry nuwe name
Verskeie strate in Windhoek is Vrydag is na rolspelers in die vryheidstryd vernoem en hernoem.
Volgens ‘n verklaring deur Windhoek se munisipaliteit het die stadsraad besluit om die hoofstad se beeld te verander deur strate en plekke te hernoem na mense wat ’n bydrae op politieke of geestelike gebied tot die verbetering van die Namibiese nasie, Afrika of die wêreld gelewer het.
“Die stadsraad se gebaar het ten doel om eer te betoon aan die bydraes en opofferings wat deur dié individue gemaak is,” lui die verklaring.
Tydens Vrydag se hernoemingseremonie het die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, gesê verdienstelike Namibiërs uit al 14 streke van die land moet vereer word om so te verseker “die strate van ons hoofstad is ‘n lewende museum van die nasie se gesamentlike herinneringe”.
Twee nuwe strate, wat uit Lazarettstraat vertak, is na John Muundjua en Moses Katjionguas vernoem.
Klaagliedere- en Kroniekestraat in Katutura staan nou bekend as Biskop A.C. Kamburonastraat, terwyl Dr. Kenneth Kaunda Freedom Square na Niilonga Patty Geingos hernoem is.
Ander strate wat nou met nuwe name spog, sluit Düsseldorfstraat in Otjomuise in wat na Katjikuru Katjiuongua hernoem is, Tuinstraat in Katutura word Juuso Katangolostraat, Genesisstraat, wat ook in Katutura is, is na biskop Patropas Tjitjo vernoem en Storchstraat is nou Jackson Kaujeuastraat.
Volgens die munisipaliteit sal 14 strate in Elisenheim Fase 1 ook name kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie