Windhoek vat sandmyners vas
Die myn van sand en gruis in die suidelike dele van Windhoek bedreig die ondergrondse waterbron.
Augetto Graig
Windhoek se munisipaliteit het tydens sy raadsvergadering verlede Donderdagaand 'n nuwe beleid oor die myn van sand en gruis binne Windhoek se uitgebreide grense bekend gestel.
Mnr. Fred Koujo, die munisipaliteit se waarnemende strategiese uitvoerende beampte vir die omgewing en die ekonomie, sê die eerste stappe is gedoen om nuwe regulasies en tariewe vir die myn van sand vas te stel.
Intussen is 'n moratorium sedert Desember verlede jaar gehef op die myn van sand in die suide van Windhoek, waar ondergrondse waterbronne geleë is.
Me. Lydia Amutenya, die munisipaliteit se woordvoerder, het gesê die onlangse vinnige ontwikkeling in die hoofstad het gelei tot 'n oorvloed steengroewe en riviersand-mynaktiwiteite.
Die situasie is glo vererger deur die ongereguleerde ophoping van padboumateriaal deur verskeie kontrakteurs oral in die stad.
Die situasie op Groot Aub is nóg erger.
Hulle beskryf die huidige situasie as kritiek.
“Volhoubare voorsiening en herwinning van sand en gruis kan misluk as goedkeuring om die hulpbron te ontgin nie gelei word deur 'n raamwerk van kriteria nie,” sê Amutenya.
“Hoewel sand- en gruismyne ernstige implikasies vir sosioëkonomiese ontwikkeling het, word dit tans sonder 'n regulerende raamwerk gedoen,” sê Amutenya.
Volgens Koujo moet mynbouers 'n omgewingsertifikaat hê wat deur die ministerie van die omgewing en toerisme uitgereik is, sowel as 'n permit van die ministerie van landbou, water en bosbou, wat die land se riviere moet bewaar.
Hy sê ná die opstel van 'n strategiese omgewingsassessering en Windhoek se ruimtelike ontwikkelingsraamwerk is die verantwoordelikheid hiervoor deur die sentrale regering aan die stadsraad oorgedra.
Koujo sê die stad sal binnekort objektiewe konsultante aanstel.
Dit behels ook dat lugfoto's van die stad se nuwe grense en 'n opname van die ondergrondse waterbron in die gebied gedoen word.
“Dit sal 'n lang en duur proses wees, maar ons moet nou regulasies opstel,” het hy gesê.
Koujo raai sandmyners wat tans operasioneel is aan om so vinnig moontlik die nodige toestemming te kry, waarna hulle by die munisipaliteit geregistreer kan word.
Intussen is alle sand- en gruismynbou tans in die suide van die hoofstad stopgesit.
Koujo sê rivierwalle in die suide van Windhoek was tot onlangs die gewildste plekke vir ongereguleerde sandmyne. Dis boonop reg op die grondwatergebied.
Die myn van sand en gruis in dié gebiede kan die ondergrondse waterbron aan besoedeling blootstel, sê hy.
“Dit is die water wat ons deur die droogte gehelp het, die water wat ons wil bank,” sê hy.
Deur hul nuwe beleid toe te pas en regulasies te ontwikkel sal 'n mate van beheer uitgeoefen kan word.
“Deur omgewingsbestuur kan ons verseker daar is bousand sonder om die stad se beplanning in die wiele te ry,” sê Koujo.
Om die rehabilitasie van sandmyn-areas aan te moedig, word voorgestel dat 'n bankwaarborg saam met lisensies uitgereik word.
Volgens die stad se departement van infrastruktuur, water en tegniese dienste moet 'n einde gemaak word aan die kleinskaalse gebruik van bakkies om sand te myn.
Daar is ook 'n behoefte aan landkaarte van voorgestelde sand- en gruismyngebiede wat ondergrondse water en belangrike geologiese inligting verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie