Windhoek vier Pride-maand
Windhoek vier Pride-maand

Windhoek vier Pride-maand

Tanja Bause
Nina Ebner – Oraloor die wêreld word jaarliks in Junie optogte deur strate gehou om teen die diskriminasie van die LGBTQI+-gemeenskap te betoog.

Die vieringe wat daarmee gepaard gaan, handel oor die waardering van diversiteit. Weens Covid-19-regulasies kon die parade nie vanjaar in Windhoek plaasvind nie.

Volgens mnr. Johnathan Fong, eienaar en bestuurder van Café Prestige in Windhoek, kon die belangrike boodskap nog steeds oorgedra word deur middel van 'n dialoog oor die kwessie van diskriminasie. Met die hulp van sy lewensmaat het hy in 2019 'n veilige plek vir queer mense gestig.

“'n Veilige plek vir gemarginaliseerde groepe in die samelewing in die algemeen. Queer is 'n sambreelterm vir alle nie-normatiewe seksualiteite en geslag.”

Intussen het Café Prestige 'n bekende vergaderingspunt vir die LGBTQI+-gemeenskap geword. Fong en sy lewensmaat wil sigbaarheid verseker en niks wegsteek nie.

Hy voel die samelewing het so 'n stem nodig in 'n tyd waar daar baie oor vroueregte en geweld teen gemarginaliseerde groepe gepraat word.

“Die gemeenskap is keelvol,” het hy gesê en bygevoeg plekke soos sy kafee is noodsaaklik om 'n nie-diskriminerende omgewing vir mense te bied om bymekaar te kom.

Dit sluit ook gereelde fopdosser (drag queen)-aande, politieke kunsuitstallings en beplande rolprentvertonings in. Hierdie aktiewe, openbare uitstallings van queer kunstenaars is nog baie nuut in Windhoek.

“Baie mense sê nie hardop waarvoor hulle staan nie,” het Fong gesê.

In Namibië is die sogenaamde sodomiewet steeds van toepassing. Seksuele omgang tussen mans is dus wetlik verbode.

Organisasies soos die Trans ­Intersex and Androgynous ­Movement, die Namibia Equal Rights Movement en Out Right Namibia het egter, veral die afgelope twee jaar, baie aktief betrokke geraak.

“Ja, ons het al kritiek ontvang, maar ek dink ons moet hierdie soort kritiek aanvaar.”

Daarmee bedoel hy dat aktivisme vir 'n sekere saak nie altyd ondersteun sal word nie, maar steeds die moeite werd is as dit die situasie kan verbeter.

“Ek is oorspronklik van Toronto in Kanada, 'n baie liberale stad. My ervaring hier verskil baie van my ervaring daar, waar daar 'n groot sigbare LGBTQI+-gemeenskap is.”

Volgens Fong is dit uiters belangrik dat maatskappy en onderdrukte groepe hande vat om hul stem te laat hoor. Dit is wat Café Prestige met sy inklusiewe pogings wil doen.

[email protected]

FOTO
Vier deelnemers van die Love Youself Campaign, Drag Edition wat in Februarie 2021 gehou is. Foto Experienced Photography

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!