Windhoek wikkel sy heupe
Dansliefhebbers, kunsliefhebbers en die algemene publiek kan uitsien na Windhoek se Internasionale Dansfees (WIDF) wat van 26 tot 29 September by die Kollege van die Kunste (Cota) aangebied word.
Vanjaar se tema is “Inter-Acts”, en het ten doel om interaksie tussen dansers en toeskouers aan te moedig.
Werkwinkels in verskillende dansvorme sal aangebied word.
Belangstellendes kan uitsien na dansitems van goeie gehalte wat op wêreldverhoë kan meeding.
Die hoofdoel van die WIDF is om dans vir mense van alle ouderdomme en vlakke van ervaring toeganklik te maak.
Die fees, wat ’n week lank duur, sal onder meer optredes van Cocoon Dance Company (Duitsland), Themba Mbuli (Suid-Afrika), Sven-Eric Müller (Suid-Afrika /Namibië) insluit, asook van plaaslike danskunstenaars soos Da-mâi Dans Ensemble, Moon Goddess Dance Studios, Ombetja Yehinga Organisasie, Anchen Wille Dans Akademie Dansers, Dantagos Dans, Goue, Khadijah, Nesindano Namises, H2E Dansstudio, Eerste Reën Dans Teater, BTM Squared, Enchantè, Genesis, Nikhita Winkler Dansteater, Windhoek se Finest Dance Crew, Old Location Cultural Group en Makgona Ngwao.
WIDF word deur die Nasionale Kunsraad van Namibië, FirstRand Namibië, die Nasionale Teater van Namibië, Turipamwe Design en die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) geborg.
Kaartjies kan by Cota gekoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie