Windhoek Woordfees is om die draai
Elke keer as 'n skrywer sterf, is ek in sak en as.
Toe Dalene Matthee sterf, was dit vir my 'n ramp. Daar is te min van haar nimlike bosboeke. Ek wou nóg oor Fiela en die Knysnabos lees en meer weet van Pieternella van die Kaap. In Januarie was ek in Knysna en dikbek omdat daar nie tyd was om op die grootpote se spore in Knysna se bos te loop nie.
Nog 'n skok was toe my gunstelingskrywer, André P. Brink, op 6 Februarie 2015 in 'n vliegtuig gesterf het. Ek het sy boeke verslind en die verbode Kennis van die Aand skelm gelees. Toe hy ouer raak, het ek minder van sy werk gehou, maar kort voor sy dood verras hy weer met sy kragtoer van Philida.
Die aand voor my verjaardag verlede jaar kry ek die skokkende nuus dat my vriend uit Stellenbosch se dae, die skrywer Jaco Botha, selfmoord gepleeg het. Ek kon dit nie glo nie. Ek het sy briljante, bekroonde kortverhaaldebuutbundel, Sweisbril, uit my boekrak gaan haal en sy handgeskrewe boodskap gelees wat hy in Julie 2002 vir my geskryf het: "Mag ons nog baie saam lag." Twee maande later het iemand baie na aan my selfmoord gepleeg en Jaco het my in dié moeilike tyd bygestaan.
Op 7 Junie kom die skok van P.G. du Plessis se dood. Fees van die Ongenooides is onder my toptien gunsteling- Afrikaanse boeke.
Ek lees meestal Afrikaans, maar die Facebook-groep "Lekkerlees Boekrak" stel 'n uitdaging aan lede om boeke van skrywers van ander lande te lees. Toe ontdek ek The God of all Things van Arundhati Roy van Indië. Die Sweedse skrywer Jonas Jonasson se The 100 hundred year old man who climbed out of a window het my stomgeslaan.
Toe ek verlede jaar van Marokko af via Frankfurt terugvlieg, koop ek vir my sy Hitman Anders and the meaning of it all op die lughawe.
As Khaled Hosseini, skrywer van die lieflike The Kite Runner, A Thousand Splendid Suns en The Mountains Echoed eendag moet doodgaan, gaan ek só huil.
Gelukkig is daar nou soveel goeie skrywers, veral in Afrikaans. Kyk nou net na ons eie jong Lloyd Zandberg, my kollega en debuutskrywer van Per Ongeluk.
Ek lees juis om van hierdie wrede wêreld te ontsnap. Per Ongeluk het my so laat lag dat ek van die nare renosterstropers en kinderverkragters vergeet het.
Ek sien so uit na vanjaar se Windhoek Woordfees wat van 26 tot 29 Julie gaan plaasvind. Lloyd gaan gedeeltes van sy werk opvoer in Satires en ander Skandes – ‘n produksie wat hy as ‘n “skreeusnaakse proespas” beskryf.
Ek is so opgewonde om twee van die beste vroulike Afrikaanse skrywers, Marita van der Vyver en Chanette Paul te ontmoet. Ek besit van Marita se Griet skryf 'n sprokie tot haar nuutste Misverstand.
My verloofde wil haar graag ontmoet, want hy wil met haar Frans praat. Ek en Chanette verjaar op dieselfde dag en ons het klaar 'n afspraak gemaak vir 'n kuier om 'n bottel wyn. Natuurlik wil ek met haar gesels oor haar treffende Offerlam en Offerande.
Vanjaar se Woordfees-program word aan ons eie legendariese storieverteller en gevierde skrywer, wyle dr. Jan Spies, stigtersredakteur van Republikein in 1977, opgedra. Dit was 'n voorreg om as jong joernalis in 1994 saam met hom te werk.
Dok was destyds medeaanbieder van die TV-program Spies en Plessie – met permissie, saam met P.G. Sy seun, Barend Spies, wat net so ‘n voortreflike storieverteller soos sy oorlede pa is, gaan saam met Dawie Prinsloo en Mario van Wyk die gehoor Saterdagaand 29 Julie by Storievuur vermaak. Dié aand vorm ook deel van Republikein se 2017-herdenkingsverrigtinge.
Mag die goeie (lewende) skrywers se mooi woorde nooit opraak nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie